Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Odeion laat die snare jubel
Die Odeion-strykkwartet bestaan uit, van links, Sharon de Kock, Jeanne-Louise Moolman, Samson Diamond en Anmari van der Westhuizen.

Die laaste van die Odeion-strykkwartet se twee volwaardige uitvoerings per jaar in Bloemfontein is op 13 Oktober.

Die program begin met ’n laat werk van Haydn, die Strykkwartet in G majeur, op. 77. Dié vader van die strykkwartet het 68 van die kamerwerke gekomponeer.

Ter bevordering van Suid-Afrikaanse musiek sluit die Odeion-kwartet altyd ’n plaaslike komposisie in sy program in. In dié geval is dit Arnold van Wyk se Vyf elegieë. Dit dien ook as huldiging vaqn dié komponis wat vanjaar 100 sou wees.

  • Samson Diamond (eerste viool), Sharon de Kock (tweede viool), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Anmari van der Westhuizen (tjello) sluit die aand af met een van die hoekstene van die strykkwartet-genre, Schubert se Strykkwartet in D mineur, D. 810, ook bekend as Die dood en die meisie. 13 Oktober om 19:30, Odeion, UV-kampus. R100, R80 (pensioenarisse), R50 (studente, leerlinge) by Computicket. – Elretha Britz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.