Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Odeion-sangstudent wen beurs
Mirriam Bokala (middel) is die wenner van vanjaar se Rhapsody in Bloem-musiekbeurs. by haar is haar sangdosent, Leana Lötter (links), en Petro Engelbrecht, stigter van die konsertreeks en beurskompetisie. Foto: Lientjie Mentz

Die sangeres Mirriam Bokala is R15 000 ryker nadat sy Vrydagaand eenparig as die wenner van die derde Rhapsody in Bloem-beurs aangekondig is.

Dit was die eerste keer dat die uitslag klinkklaar was en dat die beoordelaarswenner ook die gehoor se gunsteling was.

Bokala, ’n sangstudent in haar eerste jaar aan die Odeion Skool vir Musiek (OSM) in Bloemfontein, het met ’n sterk sopraanstem, sensitiewe meelewing en aangename verhoogteenwoordigheid beïndruk. Sy het die Mozart-lied “Vado, ma dove?” en “Widmung” van Schumann gesing, asook “Heimwee” van S. le Roux Marais, wat groot byval by die gehoor gevind het.

Bokala het in Bloemfontein grootgeword en meer as 10 jaar gelede aan die Sehunelo Secondary School in Batho gematrikuleer.

Die geleentheid om haar sangdroom na te jaag het egter eers vanjaar gerealiseer. Bokala het in die verlede enkele pryse in plaaslike kompetisies gewen, maar sy sê haar grootste “prys” is om musiek te studeer.

Die ander finaliste was Terry Goliath, ’n matriekleerling van die Hoërskool Sentraal, en die OSM-studente Kayme du Preez, Liana Bester (klavier) en die violis Ezelle Erasmus.

Die beoordelaars was Hans Potgieter, Frelet de Villiers, Marius Engelbrecht en Piet van Rooyen.

Een keer ’n jaar word die kaartjiegeld vir die kwartaallikse Rhapsody in Bloem-konserte as beursgeld aan die wenner van die landwye kompetisie gegee.

Die volgende Rhapsody in Bloem-konsert is op 26 Oktober in die Naval Hill-planetarium.

Meer oor:  Mirriam Bokala  |  Bloemfontein  |  Odeion  |  Sang
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.