Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Odeion-strykkwartet wen Huberte Rupert-prys
Van links is Sharon de Kock, Samson Diamond, Jeanne-Louise Moolman en Anmari van der Westhuizen van die Odeion-strykkwartet.

“Sonder die ondersteuning van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sou die Odeion-strykkwartet nie hoogtes kon bereik nie. Die Huberte Rupert-prys kom juis in ’n tyd dat musiekdepartemente aan Suid-Afrikaanse universiteite onder geldtekorte gebuk gaan, terwyl die UV ons steeds in alle opsigte getrou ondersteun.”

So sê Anmari van der Westhuizen, die tjellis en bestuurder van die Odeion-strykkwartet, in reaksie op die Rupert-prys wat hulle “uit die bloute getref en totaal verras” het.

Die kwartet is in 1991 gestig en bestaan sedert 2013 uit Samson Diamond (eerste violis), Sharon de Kock (tweede violis), Jeanne-Louise Moolman (altviool) en Van der Westhuizen.

Die Huberte Rupert-prys word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken aan musici wat klassieke musiek beoefen en bevorder.

In die Odeion-kwartet se geval is hul optredes op nasionale en internasionale kunstefeeste in ag geneem, asook hul buitelandse konserte en onderrig in Bloemfontein.

“Die feit dat die Odeion-kwartet die enigste strykkwartet verbonde aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit is, bewys die UV se toewyding aan die kunste. Dit, asook die tuiste wat die UV aan die kwartet bied, word hoog op prys gestel.”

Die mediaverklaring maak onder meer melding van die belangrike werk wat die kwartetlede as dosente aan die UV se Odeion Skool vir Musiek (OSM) doen en noem spesifiek die slypskole vir kamermusiek vir strykinstrumente in 2016 en 2017. “Dit is gedoen in samewerking met internasionale musici soos die lede van die Royal Birmingham Conservatoire en die bekroonde Fitzroy-strykkwartet van die VSA, wat tekenend is van die kwartet se toewyding aan die onderwys.”

Van der Westhuizen sê klassieke musiek is dikwels die eerste wat in die slag bly wanneer die ekonomie knyp. “Die feit dat die Odeion-kwartet die enigste strykkwartet verbonde aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit is, bewys die UV se toewyding aan die kunste. Dit, asook die tuiste wat die UV aan die kwartet bied, word hoog op prys gestel.”

Die kwartetlede tree by geleentheid ook afsonderlik op, soos op 25 April wanneer Van der Westhuizen as tjellis in die besoekende Poolse ensemble Quintessence speel.

Hul volgende kwartet-uitvoerings is ’n etensuurkonsert op 7 Mei wanneer die Haydn-reeks voortgesit word, en op 9 Mei wanneer die Israelse pianis Amit Yahav hom by hulle aansluit vir Dvorak se opwindende Klavierkwintet in A majeur. Al die konserte is in die Odeion-teater op die UV-kampus.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.