Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
OORSIG: Hartseer, vreugde by Ghoemas
  • Die Ghoema-musiektoekennings word Woensdagaand vir die agtste keer aangebied tydens ‘n geleentheid by die Time Square Sun Arena in Pretoria.
  • Daar hang vanjaar ‘n wolk van omstredenheid oor die geleentheid nadat die benoeming vir die musiekvideo vir “Die land” onttrek is weens Steve Hofmeyr se deelname daaraan.
  • Adam Tas, Dewald Wasserfall, Bobby en Karlien van Jaarsveld, Nicholis Louw, Bok van Blerk, Jay, Arno Jordaan en Corlea Botha het tot dusver hul steun aan Hofmeyr toegesê en sal na verwagting nie die geleentheid bywoon nie.
  • Altesame 35 toekennings word aan Afrikaanse kunstenaars toegeken.
17 Apr. 22:41:09

Die formaliteite is afgehandel. Nou is Snotkop met "Souserig" op die verhoog.

17 Apr. 22:39:17

Die toekenning vir album van die jaar gaan aan Tarryn Lamb se "Mal oor jou."

17 Apr. 22:36:37

Tarryn Lamb is aangewys as die beste vroue kunstenaar van die jaar. 

17 Apr. 22:32:41

Snotkop is aangewys as die manlike kunstenaar van die jaar. 

17 Apr. 22:31:58

Die toekenning vir die groep van die jaar gaan aan Adam. 

17 Apr. 22:31:39

Die mees gestroomde liedjie van die jaar is "Die Sluise van die Hemel" deur Robbie Wessels en Bok van Blerk. Albei sangers was nie daar om die toekenning te ontvang nie. Niemand was daar om dit namens hulle te ontvang nie.

Die aanbieders Christel van den Bergh en David Louw het dit namens hulle aanvaar en dit toe aan iemand wat agter die verhoog werk oorhandig.

17 Apr. 22:25:27

Jo Black is nou op die verhoog met sy lied "Voel jy die genade?"

17 Apr. 22:23:03

Die voormalige rugbyspelers Toks van der Linde en Breyton Paulse is ook Woensdagaand by die geleentheid. Foto: Deaan Vivier

17 Apr. 22:20:30

Tarryn Lamb stap weg met die toekenning vir die beste kontemporêre album deur 'n vroulike kunstenaar met "Mal oor jou." Foto: Deaan Vivier

17 Apr. 22:15:15

Die toekenning vir die publiek se gunsteling vroue sangeres van die jaar gaan aan Jennifer Zamudio. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.