Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Ons het gewen’ sing Van Coke nou triomfantelik

Nadat die sanger Francois van Coke die voormalige Springbok-rugbyspeler Derick Hougaard in die bokskryt geklop het, is sy enkelsnit “Ons het gewen” onlangs uitgereik.

Francois van Coke het die liedjie ‘Ons het gewen’ geskryf voordat hy die boksgeveg teen die voormalige Springbok-rugbyspeler Derick Hougaard gewen het. Foto: FVCImages
Francois van Coke Foto: FVCImages

Dit is egter geskryf voordat hulle op 29 Mei in die Sun Arena in Pretoria om die Boxop-titel meegeding het.

Daarom was Van Coke nog meer vasberade om te wen, en het ná ses rondes van appels swaai koning gekraai.

Die geveg was aanlyn en in Nu Metro-rolprentteaters te sien.

Dit het Van Coke geïnspireer om ’n oorwinningslied te skryf.

Die “opbouende klanke” van Queen se treffer “We Are the Champions” was sy inspirasie.

Ná die afloop van ’n strawwe skermsessie het Van Coke saam met Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar en Die Heuwels Fantasties) en Fred den Hartog (Die Heuwels Fantasties) vir ’n skryfsessie bymekaargekom.

“Ek wou die woorde ‘Ons wen’ en ‘Ons is lewendig’ gebruik, want terwyl boks my baie gemotiveer het, het ons as Homo sapiens wat saam deur hierdie Covid-tyd kom, my ook geïnspireer,” sê Van Coke.

“Die song het my gedwing om nog harder te werk en beter te prepare vir die fight. Musiek en boks wat saamsmelt. Mal tye inderdaad. Maar rock ’n roll sal altyd seëvier!

“Indien ek verloor het, sou ek die song iets anders genoem het en sou ek die release tot later geskuif het.”

Die musiekvideo is in ’n dokumentêre styl deur die regisseur en kinematograaf Johannes Pieter Nel, verfilm, wat Van Coke se voorbereiding vir die boksgeveg insluit, asook grepe uit die geveg.

• “Ons het gewen” is op alle digitale platforms beskikbaar.

Meer oor:  Francois Van Coke  |  Enkelsnit  |  Sangers  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.