Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Operasangeres se bloed kook oor ‘str*nt’ minister

Struggle-liedere en kragwoorde is Maandag luid uitgebasuin deur sowat 30 kunstenaars voor die nasionale departement van sport, kuns en kultuur (DSAC) se hoofkantoor in Pretoria.

Sibongile Mngoma op dag 37 van die sitstaking in die Nasionale Kunsteraad se kantore. Foto: Gallo Images/Deon Raath

Die kunstenaars, bekend as Abahlali, het hulle onder leiding van die operasangeres Sibongile Mngoma na dié kantoor gehaas om Nathi Mthethwa, minister van dié departement, te “besoek”.

Abahlali is die einste groep wat onlangs 60 dae in die Nasionale Kunsteraad (NAC) se kantore in Johannesburg oor ’n noodfinansieringsdebakel gesitstaak het. Die groep het beplan om met Mthethwa in gesprek te tree oor die gebrekkige steun wat hy én sy departement kunstenaars in die land sedert die begin van die Covid-19-pandemie gebied het. Mngoma het ook gehoop om Mthethwa te vra om te bedank.

Hoewel Mthethwa se kantoor volgens Mngoma die “besoek” met haar bevestig het, het sy en die res van Abahlali voor dooiemansdeur gestaan toe hulle kort ná 11:00 by die departement aankom.

Hulle het almal op hul rug voor die departement gaan lê om te betoog teen Mthethwa wat kunstenaars in die land versaak en haweloos laat – en toe daag sekerheidswagte én die polisie byna uit die bloute op om hulle te verwyder. Dít het Mngoma se bloed laat kook.

“Agbare F*k! Agbare F*k!” het sy in die departement se rigting geslinger, in die hoop dat Mthethwa dit kan hoor. Dit is nie bekend of hy op die perseel was nie.

“P**s, p**s,” het die res van Abahlali vir hom geskree.

“Agbare P**s!” het Mngoma boos herhaal.

Nathi Mthethwa Foto: Getty Images

“Dit is die departement se ingang, kyk hier hoe lyk dit,” het sy gesê in ’n regstreekse uitsending wat op die Im4theArts-beweging se Facebook-blad gestroom is.

“Dit is hoe hulle op kunstenaars se nood reageer – deur sekuriteit en die polisie by hul ingang te sit. Dit is hoe hulle optree. Dit is al wat die departement weet om te doen, om sekuriteit by sy deure te sit en polisiewaens buite te parkeer, want hulle weet nie hoe om met kunstenaars in gesprek te tree nie. Hulle weet net hoe om lastig te wees!”

Sy het gesê die inroep van die polisie is Mthethwa se “enigste reaksie op alles”.

“Hy het dieselfde by Marikana gedoen. Hy doen dit waar hy ook al gaan. Al wat hy weet, is sekuriteit en die polisie en die weermag. En by die kunsteraad ken hulle net uitsettingsbevele, die Rooimiere en die polisie. Hulle weet nie hoe om hulle te gedra nie. Hulle hoort nie in hierdie kantore nie.

“Hier’s ’n gebou (die departement) wat 17 vloere het, en tog kan kunstenaars nie eens by die deur inkom nie, want al wat hulle ken, is sekuriteit en die polisie. Hoe slaap hulle snags? Wat gaan hier aan? Watse str*nt land is dit waarin ons woon?”

Vandag bewys slegs een ding – dat jy (Mthethwa) nie in hierdie departement hoort nie. Hierdie kantoor verdien beter as jy. Hierdie land verdien beter as jy.
Sibongile Mngoma

Sy het Mthethwa later ook in sy afwesigheid direk aangespreek.

“Is dit hoe jy dink die land bestuur moet word? Dit is mos str*nt! Ons word elke dag met haweloosheid gedreig – van ons is reeds haweloos. Watter str*nt land is dit hierdie? Is jy trots op jouself?

“Nathi Mthethwa, watter vlak van onmenslikheid en dierlikheid is die rede vir wat jy hier doen? Wat laat jou toe om sulke str*nt opdragte te gee? Ek gaan dit sommer ’n liedjie maak: str*nt, str*nt, str*nt, str*nt!

“Ek sal dit weer sê: Jy het geen ruggraat nie! Dit is hoekom jy hierdie str*nt aanjaag. Hoekom kry jy ’n salaris as jy nie die werk wil doen nie? Str*nt! Is dit waarop alles neerkom? Omdat ons ’n str*nt minister het? Minister van str*nt!”

Sy het Mthethwa (steeds in sy afwesigheid) gevra of hy deur hiënas grootgemaak is.

“Waar is jou ouers? Is hulle trots op jou? Dit is die Suid-Afrikaanse kunstenaar se werklikheid – hierdie str*nt minister. Maak die departement se deure toe omdat hy nie die storm wil verduur nie. Jy het die kunstenaars in die steek gelaat!

“As jy nie jou werk wil hê nie, hoekom is jy nog op kantoor? F*k*f, man. Genoeg. Hambani! (Gaan!) Is jy deur hiënas grootgemaak? Warref*k!”

Sy het gesê sy is nie bang vir Mthethwa nie.

'n Skermgreep uit 'n video wat wys hoe Abahlali vo
'n Skermgreep uit 'n video wat wys hoe Abahlali voor die departement lê. Foto: Facebook

“Vandag bewys slegs een ding – dat jy nie in hierdie departement hoort nie. Hierdie kantoor verdien beter as jy. Hierdie land verdien beter as jy. Hierdie departement verdien ’n opknapping, want ons word deur dwase bestuur, onkundiges wat niks weet van die kulturele en kreatiewe bedryf nie.

“So, ek wil dít vir jou sê: Doen ons almal ’n guns – loop vrywillig. Moenie ons tyd mors nie. Hambani!”

Sy en die res van Abahlali het die lied “Senzeni na?” (“What Have We Done?”) gesing voordat sy haar woordevloed afgesluit het.

“Wat het ons ooit gedoen om idiote soos jy te verdien? Wat doen jy in óns kantore? Dit is óns kantore, nie julle idiote s’n nie! Wat doen julle in ons spasies? Dit is óns spasie, dit behoort aan kunstenaars, kunstenaars moet hierdie spasies vul – nie dwase nie, nie idiote nie. F*k*f, idiote!

“Ek sê weer: Jy het geen ruggraat nie! As jy iets het om te sê, kom uit, ek staan reg voor jou kantore. Jy het geen ruggraat nie!”

Abahlali het die betoging kort voor 21:30 gestaak. Die polisie was steeds teenwoordig. Mngoma het gesê hulle sal op ’n nog onbekende dag terugkeer en dié keer nie net die gebou betree nie, maar seker maak dat hulle Mthethwa in persoon toespreek.

Masechaba Khumalo, Mthethwa se woordvoerder, het in ’n kort e-pos aan Netwerk24 bevestig dat geen “amptelike vergadering” tussen Mthethwa, sy kantoor en Abahlali ooit afgespreek is nie.

Meer oor:  Im4thearts  |  Rooimiere  |  Marikana  |  Covid-19  |  Inperking  |  Covid  |  Koronaviruspandemie  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Nasionale Kunsteraad  |  Nathi Mthethwa  |  Sibongile Mngoma  |  Nac  |  Dsac  |  Abahlali
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.