Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Operaster Jessye Norman sterf
Jessye Norman

Die Amerikaanse internasionale operasanger Jessye Norman, wat deur die Metropolitan Operahuis in New York as “een van die groot soprane van die afgelope halfeeu” beskryf is, is Maandag dood.

Norman (74), bekend om rolle in operas soos Aida, Carmen en Salome, het meer as 80 uitvoerings in die Metropolitan (Met) gelewer.

Sy het vier Grammy-musiekpryse gewen en ’n Grammy-eerbewys vir lewenslange bydrae in 2006 gekry.

“Jessye Norman was een van die grootste kunstenaars wat tot nog toe op ons verhoog gesing het,” sê Peter Gelb, hoofbestuurder van die Met.

“Haar nalatenskap sal vir ewig voortleef.”

Volgens ’n verklaring deur die Met sal sy waarskynlik die beste onthou word vir haar vertolking van Richard Strauss se opera Ariadne auf Naxos wat sy in 1993 gesing het.

Norman is op 15 September in Augusta in die Amerikaanse deelstaat Georgia gebore.

Op 17 het sy ’n beurs ontvang om aan die Howard-Universiteit in Washington D.C. te studeer waar sy in 1968 haar kwalifikasie verwerf het. Norman het daarna met ’n onderwyslidmaatskap aan die Universiteit van Michigan studeer.

Jessye Norman

In 2002 het sy die Jessey Norman School of the Arts gestig. Die skool sê in ’n verklaring dat hulle bedroef deur hul stigter se dood is.

“As ’n operasanger het sy oor die wêreld heen haar stem laat geld, maar hier in Augusta het sy die kunste gebruik om jaarliks ’n positiewe impak op honderde kinders se lewe te maak,” lui die verklaring.

“Die wêreld het haar stem geken en ons skool het haar vriendelikheid en goeie hart geken. Sy het ons almal uitgedaag om ons volle potensiaal te bereik en iets te verteenwoordig was groter as onsself is. Sy sal baie gemis word.”

Sy was in 1997 op 52 die jongste ontvanger om die gesogte eerbewys van die Kenney-sentrum te ontvang.

Sy het ’n nasionale medalje van die kunste van oudpres. Barack Obama ontvang en het eredoktorsgrade van verskeie instellings ontvang, waaronder Yale en Harvard.

Haar memoir, Stand Up Straight and Sing!, het in 2004 verskyn.

Meer oor:  Musiek  |  Opera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.