Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Optog! se e-konserte verdien R1 miljoen

Optog! het reeds meer as R1 miljoen in die staat van inperking met sy e-konserte verdien.

Meer as 150 sangers, musikante, tegnici, skoonmakers en ander personeel het hiermee ’n inkomste verdien.

Nog e-konserte word beplan nadat vlak 4 van die inperking Vrydag in werking getree het.

Die Atterburyteater in Pretoria.

Konserte en teater word steeds nie toegelaat nie en daarom gaan dit virtueel voort.

“Ons het tot die afgelope Sondag (26 April) elke week een groot konsert gehou,” sê Matthys Maree, wat in 2018 die Optog!-projek begin het wat musiek- en teaterproduksies landwyd neem.

“Ons neem nou nog ’n paar e-konserte op wat van die naweek beskikbaar sal wees. Ek dink die meeste mense is nou oor die lockdown-narratief – so ons begin bou aan ’n aanlyn biblioteek van konserte en produksies wat nie met die virus te doen het nie, maar oor ’n jaar of wat steeds relevant sal wees. Die eerste paar sluit in konserte met Nataniël, Charl du Plessis, Jak de Priester, Robbie Wessels en Mathys Roets. Ons behoort weekliks ’n paar bekend te stel.”

Mathys Roets
Jak de Priester
Foto:

Nadat verskeie feeste en konserte weens die Covid-19-pandemie afgelas is, het Optog! besluit om kunsliefhebbers in staat te stel om konserte te stroom. Die eerste konsert is gratis aangebied.

Die konserte wat Optog! die afgelope vyf weke aangebied het, is in meer as 100 lande gekyk.

Maree sê die eer moet gaan aan elkeen wat ’n kaartjie gekoop het.

“Ons het die werk agter die skerms gedoen en die platform daargestel, maar die ondersteuners het hierdie projek laat werk. Ons kan eintlik nooit genoeg dankie sê nie. Mens besef nie hoe groot verskil ’n klein bydrae soos R50 kan maak nie.”

* Die inligting oor Optog! se volgende konserte sal op hul sosiale media bekend gemaak word.

Besoek optog.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Optog!  |  Atterburyteater  |  Staat Van Inperking  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.