Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Orrel-uitvoering in etensuur
Louna Stofberg

Die Veremark-orrelvereniging bied dié week weer vermaak vir Port Elizabeth se musiekliefhebbers, met ’n orrelkonsert wat in die etensuur gehou word.

Louna Stofberg, ’n bekende orrelis van Stellenbosch, sal Donderdag om 13:00 in die Veremarksentrum optree. Stofberg, wat ’n meestersgraad in orrelvoordrag het, sal werke van Mozart, Bach en Reddy se Toccata for Madiba uitvoer.

Die program duur 55 minute. Toegang is R35, of R30 vir pensioentrekkers. Leerlinge en studente mag die konsert gratis bywoon.

Vir navrae, bel prof. Albert Troskie by 082 726 9595.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.