Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
OSM Camerata op pad na noorde
Annerike du Plessis

Die OSM Camerata van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein vat einde September die pad noorde toe vir drie betekenisvolle konserte in Gauteng. Die eerste optrede is deel van ’n fees ter inwyding van die Universiteit van Pretoria (UP) se nuwe Javett-kunssentrum, die tweede optrede is ter bekendstelling van die Gauteng-kamermusiekfees einde vanjaar, en die derde konsert is deel van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se konsertreeks.

Die soliste wat saam met die Camerata sal optree, is die Bloemfonteinse tjellis en OSM-student Chris van Zyl en die pianis Annerike du Plessis, wat aan die Universiteit van Kaapstad (UK) se Musiekkollege studeer.

Van Zyl sal Haydn se bekende Tjelloconcerto nr. 1 in C majeur uitvoer en Du Plessis Bach se Klavierconcerto nr. 1 in D mineur en Béla Bartók se vier Slowaakse volksliedere Négy tót népdal vir kamerorkes en klavier.

Chris van Zyl

Ander werke op die program is van die Suid-Afrikaanse komponiste Martie Driessen en Pieter van der Westhuizen,

asook musiek van György Ligeti, Peteris Vasks en Jacobus Gallus. Lance Phillip, Gerhard de Jager en Gerrit Jordaan het van die musiek vir kamerorkes verwerk.

Een van die doelwitte van die OSM Camerata en die dirigent Elsabé Raath is die uitvoer van Suid-Afrikaanse musiek wat opdragwerke aan huidige komponiste insluit.

In 2017 en 2018 het die orkes sy stempel internasionaal afgedruk toe hy die eerste prys in die Ictus-musiekkompetisie se kategorie vir universiteitsorkeste verower het. Xavier Cloete was toe nog die dirigent.

’n Vroeë hoogtepunt was die Camerata se deelname aan die 13de Internasionale Konservatoriumfees in St. Petersburg, Rusland, waar hulle in die geskiedenisryke Glazoenof-konsertsaal in die Rimski-

Elsabé Raath

Korsakof-konservatorium opgetree het.

Die Camerata se Gauteng-optredes lyk so:

* 26 September om 13:00, Javett-kunssentrum, UP-kampus.

Die konsert is deel van ’n week lange inwydingsfees wat op 24 September begin. * 27 September om 19:00, Musaion, UP-kampus.

Dié konsert is ter bekendmaking van die Gauteng-kamermusiekfees wat van 29 November tot 7 Desember gehou word. Die Finse konsertviolis Réka Szilvay is as solis, mentor en die aanbieder van meesterklasse genooi. * 28 September om 19:30, Wits-atrium.

In die konsert sal die trompetspeler Braam van Tonder en sopraan Magdalene Minnaar ook as soliste saam met die Camerata optree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.