Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Ozzy loof beloning uit vir kitaar
Ozzy Osbourne

Ozzy Osbourne het ’n belo­­ning van $25 000 (sowat R365 000) uitgeloof as ’n oorlede vriend se kitaar aan hom terugbesorg word.

Die webwerf NME berig Osborne, hoofsanger van Black Sabbath, het dié pleidooi gerig nadat besittings van Randy Rhoads, Osborne se oorlede vriend, oor die Dankseggingsdag-naweek gesteel is by die Musonia School of Music in North Hollywood. Rhoads was ’n heavy metal-kitaarspeler wat saam met Osborne gewerk het en op 25-jarige ouderdom in 1982 in ’n vliegongeluk dood is.

Rolling Stone berig Rhoads was die hoofkitaarspeler op Osborne se albums Blizzard of Ozz, wat in 1980 uitgereik is, en Diary of a Madman, wat in 1981 uitgereik is. Die gesteelde instrumente sluit in ’n 1963- Harmony rocket, Rhoads se heel eerste elektriese kitaar, ’n seldsame Marshall-prototipe wat spesifiek vir Rhoads gemaak is en ’n trompet wat uit die Groot Depressie dateer en wat aan Rhoads se ma, Dolores, behoort het.

Meer oor:  Ozzy Osbourne  |  Beloning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.