Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Pianis uit Venesië in VS
Gloria Campaner tree in Sasolburg en Bloemfontein op.

Internasionale musici uit Italië word selde in Suid-Afrika gehoor, maar dié leemte gaan Gloria Campaner nou met twee optredes in een week vul.

Dié 29-jarige kunstenaar van Venesië wat as “een van die opwindendste jong pianiste van die nuwe Italiaanse generasie” beskryf word, gaan op 25 Februarie haar talent in ’n ewe opwindende program in Bloemfontein ten toon stel.

En op 21 Februarie kan musiekliefhebbers in Sasolburg na haar luister.

Campaner se programkeuse alleen dui op ’n besonder vaardige pianis.

Sy speel onder meer drie werke getran­skribeer deur Liszt, Paganini se Venesiese Karnaval enIsolde se liefdesdood uit Wagner se opera Tristan en Isolde.

Haar program sluit ook ’n concerto-parafrase van Rigoletto deur Verdi in, Beethoven se Appassionata, Rossini se Tarantella en werke van Debussy.

Soos talle uitskieters op musiekgebied het Campaner haar openbare debuut op 12 gemaak toe sy as solis saam met die Venesiese Simfonieorkes opgetree het.

Daarna het sy pryse in altesame 20 nasionale en internasionale kompetisies gewen, onder meer die Internasionale T.I.M.-kompetisie in Verona en die Rospigliosi- Internasionale Klavierkompetisie in 2008.

Die jaar 2009 was vir haar ’n besonder goeie jaar. Sy het in die Euro­pese Klavierkompetisie in Frankryk­ geskitter, en in die Ibla in Italië en die Internasionale Klavier-en-orkeskompetisie in Como.

Dieselfde jaar het sy ’n beurs van die Brahms-stigting in Duitsland ontvang en is as die Europese ambassadeur vir kultuur aangewys.

Campaner is daarby ook ’n Steinway-kunstenaar.

Ná een van haar konserte in Amerika het die Los Angeles
Times
haar spel beskryf as “diep musikaal met merkwaardige vloeiendheid, nuanses en ’n sin vir styl, eienskappe wat haar ’n gerekende plek laat inneem as een van die wêreldpianiste met buitengewone vaardighede”.

  • Gloria Campaner: 21 Februarie om 15:30, Etienne Rousseau-teater, Sasolburg; 25 Februarie om 19:30, Odeion-teater, Kovsiekampus.

Kaartjies: R100 (Sasolburg) en R130, R90, R70 en R50 (Bloemfontein) by Computicket of die deur.

Meer oor:  Pianis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.