Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Pianiste voor in koor in Kaapse kompetisie
Van links is die pianis Vivianne Pearson (naaswenner), die pianis Isaac van der Merwe (wenner) en die fagotspeler Liam Slabbert (beste houtblaasdeelnemer). Foto: Verskaf

Twee pianiste het die eerste en tweede plek behaal in die Pieter Kooij-musiekkompetisie, wat die afgelope naweek vir die 13de keer aangebied is.

Isaac van der Merwe, ’n klavierleerling van Albie van Schalkwyk en ’n tuisskoolleerling, het as wenner geseëvier. Die naaswenner is Vivianne Pearson, ’n leerling aan Westerford High School met Sue Paterson-Jones as haar klavierleermeester.

Van der Merwe het ’n vrugbare dag gehad en kon R8 000 in sy sak steek – R6 000 as wenner, R1 000 as beste pianis en nog R1 000 vir die beste uitvoering van ’n Romantieke werk. Hy het in dié afdeling Rachmaninoff se Prelude in G mineur gespeel.

Pearson se tweede plek het haar R4 000 besorg.

Liam Slabbert, ’n fagotspeler wat les neem by Carin Bam en ’n leerling aan die Hoërskool Durbanville is, het R2 000 vir sy optredes ontvang. Sy uitvoering van Vivaldi se Fagotconcerto (tweede beweging) was die beste Barokwerk van die dag en hy is as die beste houtblaaskandidaat aangewys.

Juliette Roux is R1 000 ryker nadat sy die prys vir die beste stryker losgespeel het. Sy is ’n leerling aan Herschel Girls School en neem vioolles by Annemarie Swanepoel.

Geruan Geldenhuys, die koördineerder van die kompetisie wat jaarliks deur die Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied word, is besonder tevrede met die standaard van die jong musici.

Hy voeg by dat die kompetisie “baie vir die leerlinge beteken omdat dit ’n doelwit is waarvoor hulle kan werk, veral in die pandemietyd”.

Die kompetisie was voor die pandemie net vir skoolleerlinge in die Kaapse metrogebied, maar vandat dit weens Covid-19-inperkings aanlyn aangebied word, kan leerlinge van elders ook deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.