Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Piet Botha het nog 3 weke terug musiek gemaak
Piet Botha. Foto: Gideon Breytenbach, 'Die Wasgoedlyn'

Die Afrikaanse sanger, Bacchus Nel, het drie weke voor Piet Botha (63) se dood nog saam met hom musiek gemaak.

Dit was in Soul Café, die restaurant in die Strand wat aan Botha se vriendin, Ricci Viviers, behoort.

“Ons het daar gesit en musiek maak. Dit was ek, Piet, Riku Lätti en Jacques Groenewald. Ek het soontoe gevlieg om Piet te sien,” sê Nel, wat in Pretoria woon.

“Ek was gelukkig genoeg om hom gereeld te sien.”

Botha, ’n blues-en-rockmusikant bekend om liedjies soos “Suitcase vol winter”, “Goeienag generaal” en die meer onlangse “Middernagtrein”, is Sondag dood nadat pankreaskanker sowat drie maande gelede by hom gediagnoseer is. Die kanker het ook na ander organe versprei.

Botha het ’n sleutelrol gespeel in Nel se eerste album, In die arms van die nag, wat in 2005 uitgereik is.

Bacchus Nel in 2006 op die verhoog by die konsert Piet Botha Tribute, A Good Friend of Mine in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

Nel het in die begin van sy musiekloopbaan twee konserte vir Botha geopen.

“Ná die tweede show in die Kaap het Piet na my toe gekom en gesê as ons terug is in Pretoria dan gaan ons vir my ’n album maak,” sê Nel.

Terug in Pretoria, het Botha vir Nel gekontak en hom gehelp om sy eerste album uit te reik. Hulle het sedertdien goeie vriende geword.

“Piet was ’n groot inspirasie en ’n groot gees. Hy was ’n baie nederige ou en altyd plat op die aarde,” sê Nel.

“Hy los ’n groot leemte in ’n klomp mense se lewe en ’n skatkis vol songs. Hy het baie gedoen vir baie mense.”

“Hy was larger than life.”

Die Bands for Bricks-konsert op 14 Julie in die Sun-arena by Time Square in Menlyn, Pretoria, word aan Botha opgedra.

Botha sou die verhoog deel saam met kunstenaars soos Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Jan Blohm, Gian Groen, Klopjag, Ddisselblom, Die Melktert Kommissie, Roan Ash, Tidal Waves, Johnathan Martin, HemelBesem, Appel, Joe Foster en Bottomless Coffee Band.

Dié kunstenaars gaan steeds optree ter ere van Botha.

Meer oor:  Piet Botha  |  Strand  |  Herinneringe  |  Afsterwe  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.