Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Poësie, kuns, musiek op ‘God die digter’ uitgereik

Die DVD God die digter is Afrikaanse woordkuns met geestelike poësie, kunsfoto’s en musiek. Dis egter ook ’n huldeblyk aan die TV-vervaardiger en regisseur Anne Myers, wat op 8 Februarie vanjaar aan Covid-19 oorlede is.

Christa Thom (links), Andries Cilliers en Helena Conradie skater oor ’n gedig.

Myers was onder meer ook die vervaardiger en regisseur van al die reekse van die gewilde kosprogram Maklik met Marinda.

Volgens Helena Conradie, wat die program saamgestel het, was Myers besonder trots op God die digter, en hulle sien dit as ’n gepaste huldeblyk vir haar.

Onder leiding van Myers lees Conradie, Christa Thom en Andries Cilliers altesaam 23 gedigte van 18 Afrikaanse digters voor.

Conradie is geen beginner op die gebied van die saamstel van hierdie soort werke nie. Haar eerste CD, Boerneef: Makie Mooigoed Staan, saam met Annalise Wiid, het in 2000 die lig gesien. Die sukses hiervan het tot nege Afrikaanse woordkuns-albums gelei.

Sy sê haar groot liefde is die Afrikaanse woord en die taal se vermoë om ’n boodskap oor te dra en emosie te verwek.

Die doel van God die digter is volgens haar om deur klank, woord, lig en beeld die lewe te vier.

“Dit is vir my belangrik om die mooi dinge, veral in die duister tye met Covid-19, te beklemtoon,” sê sy.

Die titel kom van die gelyknamige gedig deur TT Cloete, wat ook deel van die program is. ’n Verskeidenheid van ouer en nuwer digters se werke is gebruik. Onder hulle is letterkundige reuse soos N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Sheila Cussons, Olga Kirsch, Joan Hambidge, Wilna Stockenström, C. Louis Leipoldt en Cloete.

Die DVD is sowat 30 minute lank en afgesien van die gedigte is daar kunsfoto’s geneem deur Thom, wat met videogrepe afgewissel word.

Conradie en Thom het mekaar by die Durbanville Poësiekring ontmoet, waarvan Conradie die voorsitter is. Die derde stem kom van Andries Cilliers, predikant van Drieankerbaai.

Daar was reeds ’n insetsel oor die DVD op Fine Music Radio, asook RSG se program Vers en klank. Daar kan na die podsending geluister word op RSG se webblad onder die titel Vers en klank en die datum 25 Mei.

Die groep beskou die DVD nie as ’n kommersiële onderneming nie. Die doel is om Afrikaanse gedigte met soveel moontlik ander mense te deel en hoop te bring. Die verkope is om die produksiekoste van die DVD te verhaal.

Die DVD kos R150 plus versendingskoste. Dit kan bestel word by helena@pieteravzconradie.co.za of selfoon: 082 873 5177. Daar word beoog om die woordkunsprogram ook as ’n aanlyn konsert aan te bied.

Meer oor:  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Staat Van Inperking  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  N.P. Van Wyk Louw  |  Joan Hambidge  |  Rsg  |  Maklik Met Marinda  |  Boeke  |  Kuns  |  Dvd  |  Musiek  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.