Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Polisiekar se akoestiese 'show' nou ’n album

Hy glo nie hulle sal nuwe aanhangers lok met die akoestiese album The Sound of Fokof Unplugged nie, maar Francois van Coke, hoofsanger van Fokofpolisiekar, dink dis ’n lekker versameling vir hul gevestigde aanhangers.

Hy sê dat hulle sedert hul begindae die akoestiese roete volg. Hulle het in 2005 die album Monoloog in stereo uitgereik. “Natuurlik hou ons van die sweterige en hard rock vibe in ’n klub of konsert, maar soms wil ons mellow wees.”

Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Jaco (Snakehead) Venter, Francois van Coke en Wynand Myburgh. Foto: Jaco S. Venter

Dié album, wat Vrydag uitgereik en op iTunes beskikbaar is, is in November regstreeks opgeneem.

“Dit was op ons tweede konsert van die jaar – die enigste twee wat ons verlede jaar gedoen het. En ons kry min die kans om akoestiese shows te doen.”

Die konsert is op ’n Sondag regstreeks gestroom en in die visuele kunstenaar Lionel Smit se ateljee opgeneem.

Daarna het Dane Taylor die musiek na die ateljee geneem vir die finale meng, terwyl Tim Lengfeld die finale afrondingswerk (mastering) gedoen het.

Die album sluit in hul jongste enkelsnit, “Teen die wet”, wat verlede jaar uitgereik is. Die akoestiese weergawe is op die nuwe album.

Die musiekvideo daarvan is opgedra aan die fotograaf Henry Engelbrecht, wat Maandag 10 Mei aan Covid-19 dood is.

Lees ook: Met Henry was jy altyd in die prentjie

Die album se titel is ligweg op die musikale fliek The Sound of Music geskoei.

“Ons het eers die foto geneem en toe lyk dit vir ons na The Sound of Music,” sê Van Coke.

“En toe besluit ons op die titel en om sommer daardie selfde font van The Sound of Music te gebruik.”

‘The Sound of Fokof Unplugged’ van Fokofpolisiekar.

Fokofpolisiekar het aanhangers op sosiale media gevra om liedjies vir die regstreekse stromingskonsert voor te stel.

Liedjies soos “Komma”, “Ek skyn(heilig)”, “Ek glo in die son”, “Hemel op die platteland” en “Monoloog in stereo” is van die 14 snitte op die album.

Die sangeres Tasché is te hoor op “Ek skyn(heilig)”.

Luister hier na die album.

Fokofpolisiekar hou konsert. Foto: Liam Lynch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.