Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Poolse wonderkind tree op saam met CH2
Marcin Patrzalek

Marcin Patrzalek, die wenner van Pole se bekendste talentkompetisie, asook verskeie internasionale kitaarkompetisies, het duisende aanhangers wat sy komposisies en verwerkings vir kitaar op YouTube volg. Hy het ook ’n eie kitaarspeelstyl ontwikkel wat sy “benadering tot musiek die beste pas”. As jy gedink het Patrzalek is ’n veteraankitaarspeler wat nou eers ’n deurbraak in die Weste maak, misgis jy jou. Patrzalek is ’n skrale 18 jaar oud.

Dié “wonderkind”, soos hy al in die media beskryf is, sal volgende jaar sy vaardigheid in Suid-Afrika ten toon stel wanneer hy ’n reeks konserte saam met die kitaarduo CH2 gee.

Corneille Hutten van CH2 sê hulle bied Guitar Wizards in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad aan. “Die idee is ’n eklektiese vertoon van kreatiewe virtuose akoestiese kitaarspel en verskillende style saam met dié jong virtuoos uit Pole.”

Patrzalek is in Oktober 2000 in Kielce gebore en was tien jaar oud toe hy met kitaarlesse begin het. Een van die groot internasionale kompetisies wat hy in sy tienerjare gewen het, is die Joaquín Rodrigo-fees.

CH2 is Dirkie van Staden en Corneille Hutten.

Deelname aan die kompetisie in Spanje het sy belangstelling in flamenco-musiek geprikkel waarin die Spaanse virtuoos Carlos Pinana hom verder touwys gemaak het.

Kort daarna het Patrzalek op die akoestiese vingertegniek afgekom wat hy meen die beste by sy benadering tot musiek pas. Ná nog talle oefensessies het hy ’n eie vingerstyl ontwikkel.

Sy eerste album, Hush, is in 2016 uitgereik.

CH2, met Dirkie van Staden as die nuutste lid van die duo, boer al 18 jaar op konsertverhoë in Suid-Afrika en het reeds 11 albums opgeneem waarvan The Chapel Master die mees onlangse is.

Hutten sê die duo eksperimenteer voortdurend met nuwe tegnieke om hulself te vernuwe.

Guitar Wizards sal musiek van Metallica, Michael Jackson en CH2 insluit, asook klassieke kitaarkomposisies soos die adagio-beweging uit die Concierto de Aranjuez van Rodrigo en Asturias van Isaac Albéniz.

*27 Februarie tot 2 Maart om 20:00 in die Joburg-teater – bespreek aanlyn by webtickets; 8 Maart om 20:00 in die Atterburyteater – bespreek by www.atterburyteater.co.za; 9 Maart om 20:00 in die Paul Cluver-amfiteater, Elgin – bespreek by webtickets. Kaartjies kos R220.

Meer oor:  Atterburyteater  |  Joburgteater  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.