Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Pretoriase saxofoonspeler wen 1ste SMA-prys in Bloem
Die Pretoriase saxofoonspeler Piet Grobler wat die Sentraal-Musiekakademie in Bloemfontein se eerste kompetisie vir klassieke musici gewen het.

’n Pretoriase saxofoonspeler wat ’n “skitterende” uitvoering gegee het, is die eerste wenner van ’n nasionale kompetisie wat deur die Sentraal-Musiekakademie (SMA) in Bloemfontein aangebied is. Die 22-jarige Piet Grobler het as algehele wenner R5 000 in sy sak gesteek en R500 as kategoriewenner.

Die kompetisie, in samewerking met die Odeion Skool vir Musiek (OSM) en onder beskerming van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers, sal voortaan elke jaar in Oktober aangebied word vir klassieke musici van 14 tot 24 jaar.

Instrumentaliste, verdeel in strykers, blasers en pianiste, en sangers kan inskryf en neem in ’n junior en senior afdeling deel.

Die kompetisie, gehou in die Odeionteater, het op 18 Oktober met 35 kandidate in die uitdunrondes begin waarna 14 finaliste gekies is om op 19 Oktober verder rekenskap van hulself te gee.

Die wenners is:

Junior klavier: Marius van der Merwe (gr. 8 aan die Hoërskool Sentraal (HS) in Bloemfontein). Hy het die finaliste Mia Muller en Amalia Rodrigues uitgestof.

Senior klavier: Enric Smith (gr. 12 in HS).

Junior strykers: Pieter Joubert (viool, gr. 11 in HS) is as wenner aangewys nadat hy Feng May Chuang (tjello) en Anke Rheeder (viool) geklop het.

Senior strykers: Chris van Zyl (tjello, OSM-student).

Junior blasers: Danielle Ceronio (saxofoon, gr. 8 in HS).

Senior blasers: Piet Grobler.

Sangers: Dumisane Rini (OSM-student). Hy het die finaliste Hanno Strauss, Hesmari Cillé, Simelane Sibusiso en Mongezi Mosoaka uitgeskakel.

Al die prysgeld is deur die Kunstetrust verskaf en sluit benewens R5 000 vir die algehele wenner, R500 vir elke kategoriewenner in.

Die beoordelaars was Albertus Engelbrecht (sanghoof aan die OSM), Jan Beukes (OSM-hoof), Heinrich Armer (houtblaasdosent) en Samson Diamond (eerste violis van die Odeion-strykkwartet). Hans Potgieter, die hoof van die SMA, was die voorsitter van die beoordelaarspaneel.

Hy, asook Lesley Mathews, Dana Cilliers, Jannie le Roux en Nicol Viljoen, het die kandidate begelei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.