Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Priday volgende week in Bfn
Rachel Lee Priday

Die Amerikaanse violis Rachel Lee Priday en die Vrystaat-simfonieorkes (VSO) tree op 25 Junie met Paganini’s Passion in Bloemfontein op en nie op 25 Julie soos Dinsdag berig is nie.

Dié konsert is ’n meevaller vir die musiekpubliek nadat die Hongaarse violis Kristóf Baráti sy Suid-Afrikaanse toer afgestel het en hy nie meer volgende week in Bloemfontein gehoor sal word nie.

Priday sal die vioolvirtuoos en komponis Paganini se Viool-concerto nr. 1 met die VSO uitvoer.

Beethoven se Simfonie nr. 2 en die ouverture van Mozart se opera Die Towerfluit is ook op die program.

Die dirigent is Bernhard Gueller, bekend vir sy deurdagte ontginning van werke.

Die konsert is op 25 Junie in die Odeion-teater op die UV-kampus. Kaartjies kos R150, R90 en R50 en is by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.