Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Qden, jong pianiste wil klassieke musiek bevorder
Enrico Czmorek van Hongarye.

Die 14-jarige Kaapstadse pianis Qden Blaauw glo jong musici is nodig om meer jong mense van klassieke musiek te laat hou.

Om dit te bewerkstellig en die waarde daarvan te bewys, het hy die daad by die woord gevoeg en vyf Europese pianiste van tien tot 17 jaar na Suid-Afrika genooi.

Carla Vázquez van Spanje.

Dié “wonderkinders”, asook die Duitse klavierpedagoog prof. Wolfram Schmitt-Leonardy, sal van 27 Februarie tot 4 Maart vir konserte en meesterklasse in Kaapstad wees. Een van die konserte word op die US Woordfees in Stellenbosch aangebied.

Wolfram Schmitt-Leonardy, professor in klavier aan die Universiteit vir Musiek en die Uitvoerende Kunste in Mannheim, Duitsland.
Qden Blaauw

Schmitt-Leonardy, ’n klavierdosent aan die Universiteit vir Musiek en die Uitvoerende Kunste in Mannheim, word as een van die merkwaardigste pedagoë bestempel. Hy is ’n bekroonde konsert- en kamermusiekpianis en gereeld die hoofbeoordelaar in kompetisies.

Hierbenewens is hy ook nou betrokke by die Lang Lang-musiekstigting wat klassieke musiek onder die jeug bevorder.

Dit is juis Blaauw se kontak met die wêreldbekende Chinese pianis Lang Lang wat hom tot die projek geïnspireer het.

In 2016 was Blaauw een van tien jong pianiste oor die wêreld heen wat vir ’n week lange musiekkamp by Lang Lang in Pole gekeur is. In 2018 is hy weer genooi, die keer vir ’n soortgelyke projek in Duitsland. Dit is daarna dat hy besef het dis nou of nooit – hy wil dieselfde geleentheid vir jong musici in Suid-Afrika reël.

Blaauw en sy ouers, Quinette en Denric Blaauw, het moeite gedoen om ’n insiggewende en opwindende projek te vestig. Sonder die bystand van die niewinsgewende organisasie Arts Capital sou dit nie moontlik wees nie.

Die “wonderkinders”, wat almal reeds kompetisies gewen het, is Carla Vázquez (10) van Spanje, Enrico Czmorek (15) van Hongarye, Lissy Hermelink (17) van Duitsland, Greta Lobefaro (17) van Italië en Bartek Kokot (17) van Pole. Blaauw is ook deel van die groep wat aan meesterklasse sal deelneem en konserte sal gee.

Klassieke musiek is nie net cool nie. Navorsing het bewys dit verbeter akademiese prestasie, slaapgewoontes, geestesgesondheid en verminder antisosiale gedrag.

*Meesterklasse: 27 en 28 Februarie, 1, 2 en 4 Maart in die Universiteit van die Wes-Kaap se sentrum vir die uitvoerende kunste. Dit is oop vir die publiek. *Konserte: 1 Maart om 19:00 in Reddam House College se ouditorium, Clara Annafontein, Durbanville; 2 Maart om 17:30 in Welgemeend, Tuine, Kaapstad; 4 Maart om 15:00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Kaartjies is beskikbaar by Quicket en vir die US Woordfees-optrede in Stellenbosch by Computicket.

*Minder bevoorregte kinders sal die projek gratis bywoon.

*Vir meer inligting, besoek die webtuiste www.wslcapetown.com.

Meer oor:  Us Woordfees  |  Qden Blaauw  |  Carla Vázquez  |  Enrico Czmorek  |  Musiek  |  Pianis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.