Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Ramaphosa steun musiekkonsert teen Covid-19

Pres. Cyril Ramaphosa het sy steun aan Vax Live: The Concert to Reunite the World toegesê.

Die musiekkonsert, waarin bekende internasionale kunstenaars in ’n grootskaalse inentingsinisiatief op die terrein van die SoFi-stadion in Kalifornië gaan optree, is op 8 Mei en sal regstreeks op YouTube uitgesaai word.

Die konsert word deur Global Citizen aangebied en wil die aandag vestig op die noodsaak om teen Covid-19 ingeënt te word, die pandemie te stuit en ekonomieë oor die wêreld heen te help herstel.

Jennifer Lopez is een van die kunstenaars wat op 8 Mei in “Vax Live: The Concert to Reunite the World” gaan optree. Foto: Getty Images

Global Citizen is bekend vir sy veldtogte ter ondersteuning van dringende maatskaplike kwessies en doen met die konsert ’n beroep op wêreldleiers om die regverdige verspreiding van entstof te verseker.

Die fokus is veral op die ondersteuning van Afrikalande, waarvan sommige in die inenting teen Covid-19 agterweë bly.

Die konsert word ook deur onder meer die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), Ursula von der Leyen, president van die Europese Kommissie, Mario Draghi, Italiaanse premier en voorsitter van die G20, en Pedro Sánchez, premier van Spanje, gesteun.

Die konsert word deur die kunstenaar, aktrise en vervaardiger Selena Gomez aangebied en sal musiekuitvoerings deur Jennifer Lopez, Eddie Vedder, Foo Fighters, J Balvin en H.E.R. insluit.

Dit is nou die tyd om in belang van die hele wêreld op te tree. Dit is tyd om waarlik wêreldburgers te word.

YouTube sal as eksklusiewe stromingsvennoot die konsert van 90 minute op die Global Citizen-kanaal uitsaai. Daar sal ook bykomende optredes deur NCT 127, Daniel El Travieso, Kati Morton, ShootforLove, Thembe Mahlaba en The Try Guys wees.

“Suid-Afrika staan ten volle agter hierdie inisiatief om deel van ’n gesamentlike poging tot herstel ná die verwoestende pandemie te wees,” het Ramaphosa Dinsdag in ’n verklaring gesê.

Volgens Ramaphosa is die konsert die ideale geleentheid om samewerking tussen die internasionale gemeenskap vir die regverdige toegang tot entstof vir almal te bewerkstellig. Hy het lande met ’n oormaat entstof gevra om dit aan armer lande beskikbaar te stel.

“Die wêreld word vandag deur ’n ongekende gesondheids-, maatskaplike en ekonomiese krisis in die gesig staar. Dit is nou die tyd om in belang van die hele wêreld op te tree. Dit is tyd om waarlik wêreldburgers te word,” het Ramaphosa gesê.

Meer oor:  Cyril Ramaphosa  |  Global Citizen  |  Covid-19  |  Musiekkonsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.