Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Reeves se besoek aan SA vir eers van die baan
Die jazzkoningin Dianne Reeves se konserttoer na Suid-Afrika is uitgestel.

’n Konserttoer deur die jazzkoningin Dianne Reeves en die Carnegie Hall se jeug-jazzorkes sou Suid-Afrikaners van 24 Junie tot 7 Julie te beurt val, maar is soos menige teateroptredes deur die koronavirus gekelder.

Volgens ’n mediaverklaring word die toer na ’n nog onbekende datum uitgestel. Hulle sou in Kaapstad, Johannesburg, Makhanda en op die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein optree, wat uiteraard ook uitgestel is.

Dié jeug-jazzorkes is een van drie jeugorkeste wat deur die Carnegie Hall-projek gestig is en bestaan uit die heel beste jong musici in Amerika. Die ander twee orkeste is die Nasionale Jeugorkes van die VSA vir senior spelers en die tweede jeugorkes wat uit junior musici saamgestel word. Die jazzorkeste bestaan uit 16- tot 19-jariges.

Nie een van die orkeste sal vanjaar oorsese konserttoere onderneem nie, maar hul jaarlikse uitvoerings in Carnegie Hall sal plaasvind, mits ’n verbod nie op optredes in New York verklaar word nie.

Reeves, een van die VSA se bekendste jazzsangers, sou Suid-Afrika die tweede keer besoek.

Meer oor:  Jazz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.