Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Rina, gesin hou konsert op skip

Een van die konserte waarna die Oppiwater-feesgangers op vanjaar se MSC Musica-plesiervaart kan uitsien, is die Van Rensburg-familiekonsert deur Rina Hugo, Johan van Rensburg en Riaan van Rensburg.

Rina HugoFoto: Terésa Coetzee

Dié drie het geen bekendstelling in die Afrikaanse musiekkringe nodig nie.

Die Oppiwater-kunstefees word van 15 tot 19 April aangebied met meer as 25 verskillende produksies aan boord wat in vyf lokale en teaters aangebied word.

Rina gaan liedjies uit bekende musiekblyspele sing, maar ook van haar eie treffers, soos “ ’n Tikkie vryheid”, “Môre lyk dit anders” en nog meer.

Johan van Rensburg word onthou as die Noot vir noot-man wat jare in ons TV-kamers kom kuier het agter die klavier in die bekende musiekspeletjieprogram.

Hy het onder meer die liedjie “Net ’n bietjie liefde” getoonset en wanneer hy agter die klavier inskuif en die klawers begin kielie, kan jy jou maar regmaak vir ’n onvergeetlike tyd en atmosfeer.

Johan en Rina se seun, Riaan, het al as vierjarige in die kinderprogram Wielie Walie gedebuteer. Hy was die kordate seuntjie wat die tromme met soveel gemak gespeel het.

In die Van Rensburg-familiekonsert kan konsertgangers die gesin se liefde vir musiek en hul besonderse talent kom deel.

Rina sê sy sien baie uit daarna om weer saam met haar gesinslede op te tree.

“Veral op hierdie kunsskippie van Frans Swart. Ons geniet die familiekonsert baie, want in hierdie konsert kan ons doen presies net waarvoor ons lief is en watter musiek vir ons lekker is om te maak.”

Johan sê Jaconell Mouton en Swart het hom ook betrek by Musieknoot Oppiboot, waar hulle musiekspeletjies gaan speel.

Meer oor:  Oppiwater  |  Konsert  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.