Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Rocco tree Oppiwater op

As Rocco de Villiers eers agter die klavier inskuif, sy been so parmantig uitgooi, sy kop agtertoe laat sak dat sy rug skoon kromtrek, kan jy maar weet hier kom ’n ding.

Flambojant, eksentriek en uiters talentvol. Rocco de Villiers se konserte is altyd ’n hoogtepunt.

As daar een ding is wat hierdie bekende pianis weet om te doen, is dit om ’n behoorlike konsert bymekaar te sit en sy gehoor se aandag letterlik op daai klawers van hom vas te vang.

Vanjaar is die heel eerste keer dat dié konsertpianis deel is van die Oppiwater Kunstefees en kaartjies vir sy konsert verkoop reeds soos soetkoek.

“Jy weet ek kan nie swem nie nè, so dit is nogal ’n dilemma.

“Ek drink nou al pille vir angs en naarheid,” beduie hy.

Op die vraag watter klavier hy gaan speel, antwoord hy hy is nie seker nie, maar hy hoop heimlik dis so ’n lang swarte wat blink “gepolish” is.

“En ek hoop daai klavier het wieletjies,” sê hy betekenisvol.

Feesgangers kan ’n volgepakte konsert verwag met baie liedjies van Jim Muller, Nico Carstens en Hansie Roodt. Sy jongste album se titel is Rocco speel Jim Muller.

“Maar mense wil altyd daardie ou gunstelinge hoor en ek sal vir hulle gee wat hulle wil hê, so ek gaan al daai goue oues ook speel,” sê Rocco.

Hy gee Oktober sy eerste digbundel uit – Sebastian, my eerste liefde – en is ook vanjaar by die US Woordfees en die KKNK te sien.

Besoek www.oppiwater.co.za vir meer inligting en om kaartjies vir Rocco se konsert te bespreek.

Meer oor:  Rocco De Villiers  |  Musiek  |  Oppiwater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.