Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Roets op langpad met 20 konserte in 20 dae
Langebaan Motors het Mathys Roets se Jeep ingesleep en herstel sodat hy sy toer kon voortsit.

Manalleen met net sy gedagtes in sy Jeep het Mathys Roets die langpad aangedurf om 20 optredes in 20 dae te doen.

“Ek het daar by die Blou Hond in Durbanville begin, toe Stellenbosch, Paarl, Langebaan, Yzerfontein, Mosselbaai, Oudtshoorn, Plettenbergbaai, eMalahleni, Vanderbijlpark en dan eindig ek my 20/20-toer in die Mardi Gras-teater in Carnival City in Brakpan,” sê Roets.

Die strenger inperking het Roets, net soos ander kunstenaars, hard getref. Toe die reëls verslap is, het hy besluit om vir kleiner gehore op te tree.

Nie eens teëspoed in Langebaan, toe die Jeep te warm was, kon hom keer nie.

“Langebaan Motors het my Jeep ingesleep en sommer vinnig herstel.”

Roets het die laaste paar jaar gedigte en musiek versamel.

Hy voel die tyd is nou ryp om dit te deel in die produksie Reën. Sondag se optrede is die laaste in sy 20/20-toer.Wen kaartjies!Vyf gelukkige Beeld-lesers se paaie kan Sondag 15:00 met Roets s’n kruis.

Stuur ’n SMS na 43366 met die volgende inligting: Wen Beeld Mathys, jou naam, van en e-posadres. Jy sal dan in aanmerking kom vir ’n dubbelkaartjie vir sy optrede by Carnival City. Jy kan dieselfde inligting ook per e-pos stuur na wen@lefra.com. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Die konsert begin 15:00.

Meer oor:  Mathys Roets  |  Toer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.