Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Roger Ballen gaan donker ‘Hänsel und Gretel’ skep

’n Opera-ervaring soos min lê in April voor wanneer Kaapstad Opera en die befaamde Amerikaanse kunstenaar en fotograaf Roger Ballen kragte op die verhoog gaan saamsnoer.

Roger Ballen het dié foto van ‘Hänsel und Gretel’ geskep. Operaliefhebbers kan iets soortgelyks in sy verbeelding van die gelyknamige opera verwag. Foto: Roger Ballen

Luidens ’n verklaring gaan Ballen saam met Marguerite Rossouw die stel- en kostuumontwerp van Kaapstad Opera se produksie van Hänsel und Gretel deur die komponis Engelbert Humperdinck behartig.

Dit is die eerste keer wat Ballen sy hand aan ’n opera gaan waag.

“Wanneer jy soms in die lewe geen ervaring het nie, wanneer jy baie min weet, doen jy soms iets ongeloofliks,” sê Ballen in ’n verklaring.

“Om nie betrokke te wees nie, om nie deel van die operawêreld te wees nie, kan ’n pluspunt wees. Om van buite af na binne te kom, laat ’n mens toe om iets heeltemal anders te skep.”

Ballen se samewerking met Kaapstad Opera word as sensasioneel beskryf omdat hy voorheen met die groep Die Antwoord saamgewerk het, onder meer in die musiekvideo van hul liedjie “I Fink U Freeky”.

Roger Ballen Foto: Verskaf

Matthew Wild, die operageselskap se artistieke direkteur, sê in die verklaring die idee vir die samewerking met Ballen het by die Norval-stigting by hom opgekom toe hy en Owen Martin, die galery se hoofkurator, ’n gesprek gehad het oor watter kunstenaars se werk hulle graag op die verhoog sal wil sien.

“Ballen was boaan my lys,” sê Wild.

“Ek het Alessandro Talevi kort daarna genader om Hänsel und Gretel te regisseer, en hy het sy beheptheid met Roger se werk geopper. Ons het Roger toe gevra of die materiaal van die feëverhaal tot hom spreek, en hy was dadelik tot die idee aangetrokke.”

Ballen sê ’n mens kan dié gewilde Grimm-sprokie met “gelukkige klein skoenlappers wat tussen bome fladder”, verbeeld – maar dat hy eerder ’n estetika gaan skep waarvoor hy lank reeds bekend is: een wat fokus op chaos, instorting en sielkundige onbestendigheid wat saam ons vrese ontbloot.

Die vertoning sal in April plaasvind. Kazem Abdullah sal die Kaapstadse Filharmoniese Orkes lei. Die rolverdeling sluit in Ané Pretorius (Hänsel), Brittany Smith (Gretel), en Bongiwe Nakani as die heks.

Besoek www.capetownopera.co.za en die Facebook-blad www.facebook.com/capetownopera vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.