Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Rudi Claase hou weer konsert ná beroerte
Rudi Claase

“Uiteindelik!” sê die sanger Rudi Claase (38), wat eersdaags weer konsert hou nadat hy weens ’n beroerte breinskade opgedoen het.

“Dit was hectic. Ek kon vir ’n lang tyd nie sing nie. Ek moes ook verlede jaar ná ’n breukoperasie ses maande lank ophou sing. Die dokter het destyds gesê as ek binne die volgende ses maande sing, sal ek op lang termyn probleme hê.”

Claase het sowat twee maande gelede ’n beroerte gehad en is in verskeie hospitale opgeneem. Hy het ook in ’n rehabilitasiesentrum aangesterk en is sowat drie weke gelede ontslaan.

“My stembeheer het aanvanklik gesukkel, maar ek voel gesond. Ek het wel ’n bietjie probleme met balans weens die beroerte en effense geheueverlies wat die afgelope tyd betref, maar die dokters sê dit sal regkom.”

Sy sangstem was stil, maar hy skryf steeds.

Hy het vier konserte wat reeds bevestig is. Die eerste is ’n Vrouedagkonsert op 9 Augustus in Benoni aan die Oos-Rand, wat ’n ete en ’n kompetisie insluit. Daarna tree hy op 25 September in die AfriForum-teater in Pretoria op. Op 27 Oktober tree hy saam met Jennifer Zamudio, vir wie hy al dikwels liedjies geskryf het, in Kuruman in die Noord-Kaap op, en op 3 Desember deel hy en Nádine die verhoog vir ’n Kerskonsert in die AfriForum-teater.

“Ek skryf permanent. Die Here het my geseën dat ek herstel het en weer kan werk.”

• Besoek Claase se Facebook-blad vir meer besonderhede.

Meer oor:  Rudi Claase  |  Beroerte  |  Konsert
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.