Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Rudi Claase vind die regte ‘Rudi’

Met sy nuwe album het die sanger Rudi Claase uiteindelik by die “regte” Rudi uitgekom.

En luisteraars ontvang dit goed, sê hy.

Liedjieskrywer is uitgereik sewe jaar ná sy vorige album.

‘Liedjieskrywer’, Rudi Claase se nuwe album.

“Ek het vokaal asook fisies ’n groot metamorfose ondergaan en ek kan nie glo hoe wonderlik mense nou die ‘regte’ Rudi ontvang nie. Dis ook my eerste uitreiking in tien jaar wat terug is nommer een toe op die top-100 Afrikaanse albums in ons land. Ek het saam met Byron Kuntz in Australië ’n jaar lank heerlik gespeel.”

“Woordeloos” is die eerste enkelsnit op die album wat uitgereik is.

“Ek is selde woordeloos, maar as ’n skrywer – wat ook vir baie ander mense skryf – moet begin met ’n nuwe, opregte album vir homself, met watter woorde begin ek? Toe besluit ek om die probleem as ’n oplossing te gebruik. Maar woordeloos is ek vir seker nie.

“Ek skryf net en dink daarna daaroor. Ek skryf wel vir ’n stem.”

Hy skryf liedjies vir kunstenaars soos Andriëtte, Juanita du Plessis en Theuns Jordaan.

As hy nie ’n liedjie binne ’n halfuur klaar skryf nie, skrap hy dit.

“Skryf kom dadelik van God se fluisteringe af. Liedjies is prentjies en foto’s wat nou hulself wys. Ná meer as 700 liedjies werk dit nog dieselfde.”

Hy skryf soos gewoonlik oor die liefde, maar heimwee en nostalgie vind ook neerslag op die album.

“Daar is groot liedjies vir my Skepper, maar ook iets om op te party en so paar patriotiese nommers.”

Hy was nog altyd ’n skaam kunstenaar.

“Ek is stil, maar darem minder skaam as vantevore. Maar as ek werk en in daardie hoedanigheid verskyn, is ek Rudi. Nog steeds plat op die aarde en ek leef net van dankbaarheid. My werk is my werk en ek neem my mense se belang en liefde vir my bitter ernstig op.”

Rudi Claase Foto: Picture Perfect
Meer oor:  Rudi Claase  |  Album  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.