Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Rudi Muller voel sterk oor ‘Nuwe dag’

Die sanger Rudi Muller wil allermins geloof op iemand afdwing met sy nuwe gospelalbum, Nuwe dag, wat onlangs uitgereik is.

“Ek voel baie sterk daaroor,” sê Muller.

‘Nuwe dag’, Rudi Muller se jongste album.

“Die evangelie is vir almal beskikbaar, maar dis nie my werk om iemand te oortuig of aan iemand voor te skryf wat om te glo nie.

“Net so is dit ook nie sy plek om enigiemand te oordeel nie, want dit kom my nie toe nie.

Dit is sy eerste soloalbum in vyf jaar.

“Ek wil dit nie eintlik as gospel klassifiseer nie, want dadelik kry dit ’n etiket.”

Sy album Tetelestai wat beteken dit is volbring is in 2014 uitgereik.

Die liedjies op Nuwe dag is almal klaar geskryf meer as ’n jaar voordat Muller die ateljee binnegestap het.

"As dit nie die droogte is nie, hoor ’n mens van misdaad. Ek het ook oor die toekoms gewonder."

Hy praat oor “Suid van die ewenaar”, die tweede snit op die album.

“Ek en Kobie Koen het die liedjie ‘Lied van Hoop’ vir Dana Winner geskryf. Dit was deel van haar album Bloom. En toe skryf ek en Kobie weer saam aan ’n lied – ‘Suid van die ewenaar’.”

In die tydperk wat hulle aan die liedjie gewerk het, het Muller weer Genesis se eerste hoofstuk in die Bybel gelees.

“Dis hoekom die album begin met ‘Terug na die begin’ – dit is Genesis 1 wat voorgelees word.”

Muller, wat die afgelope jaar gesondheidsprobleme gehad het, het ook al moedeloos gevoel.

“As dit nie die droogte is nie, hoor ’n mens van misdaad. Ek het ook oor die toekoms gewonder. Ons het planne vir Amerika gehad,” sê Muller wat in Nigel aan die Oos-Rand woon, maar in 2020 saam met sy vrou en dogter na die Paarl verhuis.

“Maar dit was asof die Here vir my gesê het: dink jy ek is net in Amerika?”

Hy ag die opneem van ’n album baie persoonlik.

“Dit is ’n reis. Jy gee vir mense iets wat uit jou hart kom. Ons is instrumente in die Here se hande. Dit is nodig dat ons mekaar met meer respek moet behandel. Dit neem niks van jou nie.”

Elke snit is op ’n vers uit die Bybel gegrond.

Die titelsnit is op Filippense 4:13 geskoei.

“Ek het geweet wat die aanslag van die album moet wees. Ook met die omslag. Dit moenie lyk of ons gaan kerk hou nie.”

Muller het in Nigel grootgeword en sy gesin het gereeld musiekaande gehou.

Sy suster het klawerbord gespeel en sy broer kitaar. En soms het die familie en vriende saam kom speel. Op sesjarige ouderdom het hy saam met die groep Soft Shoes opgetree.

“Ek het aan ’n talentkompetisie deelgeneem en (die omroeper en akteur) Dana Niehaus was die seremoniemeester. Net nou die dag het ek ’n onderhoud gedoen in ’n vertrek waar ’n foto van Dana hang. Ek het weliswaar die kompetisie opgemors weens my senuwees, maar musiek was altyd ’n deel van my. Die geesdrif was altyd daar.”

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.