Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Rudi se geheue ‘op en af’ ná beroerte

Dit gaan “op en af” met sy geheue, sê die sanger Rudi Claase nadat hy Vrydag uit ’n rehabilitasiesentrum ontslaan is.

Rudi Claase

Hy het sowat ’n maand gelede ’n beroerte gehad en is later met breinskade in die sentrum opgeneem.

“Daar is maar dinge wat ek vergeet, en so ’n bietjie motoriese goed waarmee ek hier en daar sukkel, maar ek gaan aan.

“Ek het 80% herstel en die ander 20% neem ons dag vir dag. Die Here is baie goed vir my.”

Claase bedank al sy aanhangers wat hom bystaan.

“En die kunstenaars wat hul pragtige boodskappe deel.”

Dit sluit in Steve Hofmeyr, Patricia Lewis en sy voormalige sangmaat Corlea Botha.

Claase het Dinsdag met terapie begin. Sy stem makeer niks, maar hy sal die volgende twee maande geen musiek opneem nie.

“Ek is dankbaar dat die Here my gespaar het,” sê hy.

“En nog die geleentheid gee om te doen wat ek doen. Hulle se mos: ‘Jesus, take the wheel.’ ”

Meer oor:  Musiek  |  Rudi Claase  |  Steve Hofmeyr  |  Corlea Botha  |  Patricia Lewis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.