Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
SA komponis weer in hospitaal opgeneem

Die Suid-Afrikaanse komponis Peter Klatzow sterk in die Life Vincent Pallotti-hospitaal in Pinelands aan nadat hy Saterdag weens lae suurstofvlakke opgeneem is.

Peter Klatzow Foto: Argief

Volgens Lionel Walker, ’n vriend van Klatzow, is die 75-jarige komponis dadelik in ’n geïnduseerde koma geplaas en aan ’n ventilator gekoppel om sy asemhaling te vergemaklik.

“Ek sal julle almal op hoogte hou sodra ek weet wat aangaan, en nee, dit is nie Covid-19 nie,” het Walker namens Klatzow op Klatzow se Facebook-blad geskryf.

Hoewel Walker op sy eie Facebook-blad gesê het Klatzow se toestand en prognose lyk nie goed nie, het hy Dinsdag geskryf dit gaan baie beter. Klatzow het sy bewussyn herwin, hy is van die ventilator afgehaal en het met fisioterapie begin, hoewel hy nog baie swak is.

Walker het Donderdag aan Netwerk24 bevestig dat Klatzow se toestand steeds verbeter.

Klatzow, ’n gesiene emeritusprofessor in komposisie aan die Universiteit van Kaapstad, het sowat twee maande gelede ’n hartaanval in sy huis in Kaapstad gehad. Hy het op dié dag, 2 November, ’n noodoperasie in dieselfde hospitaal ondergaan om ou stente te vervang.

Klatzow het nege dae ná die hartaanval in ’n kort telefoononderhoud aan Netwerk24 gesê dat sy herstel “lank en stadig” gaan wees omdat hy ’n diabeet is en hy in die verlede angina-probleme gehad het.

Hy het ook toe gesê dat hy weens die hartaanval besluit het om nie weer musiek te komponeer nie.

“ ’n Mens bereik ’n punt in jou lewe dat jy voel jy het geskryf wat jy kon skryf – en daar is niks meer om te skryf nie. Ek het kort voor die hartaanval ’n paar liedere vir mezzosopraan, altviool en klavier voltooi – liedere oor die herfs en die einde van seisoene – en ek het besef dit is eintlik ’n goeie plek om op te hou.

“Ek wil voortaan net Al Jazeera kyk en ook inskrywings op Facebook maak, maar Facebook begin my ook al hoe meer irriteer.”

Meer oor:  Facebook  |  Al Jazeera  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Koronavirus  |  Covid-19-Pandemie  |  Pandemie  |  Staat Van Inperking  |  Musiek  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.