Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
SA kunstenaars vereer met Samas

Musikante gee in vele opsigte uitdrukking aan Suid-Afrika se demokrasie, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag op die 24ste Sama-toekenningsgeleentheid in Sun City gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa

“Die Samas is net so oud soos ons demokrasie. Ons vier vanaand skeppende mense. Ons is ’n nasie wat deur verandering gaan en musiek gee ons deurlopend krag en resoneer met ons siele. Dit vat die klankbaan van ons lewens en die tye vas,” het hy gesê in sy verwelkomingstoespraak wat regstreeks op SABC1 uitgesaai is.

Die groot verrassing van die aand was Shekhinah wat as nuweling van die jaar sowel as vrouekunstenaar van die jaar aangewys is. Haar album Rose Gold is ook aangewys as album van die jaar. Sy het die benoemings ontvang waarvoor daar nie vooraf benoemings was nie.

Die duo Mafikizolo het twee van sy drie benoemings gewen. Dit is vir die beste Afro-popalbum en die beste klankingenieur van ’n album vir sy album 20.

Die duo is ook aangewys as die duo van die jaar, waarvoor daar nie vooraf benoemings was nie.

Met drie elk het die duo saam met Simphiwe Dana en die groep Mi Casa die meeste benoemings gehad. Mi Casa het nie in een van die kategorieë gewen nie, maar Dana is bekroon met die toekenning vir die beste album deur ’n Afrika-kunstenaar vir sy The Simphiwe Dana Symphony Experience.

Shekhinah

Fokofpolisiekar het met Selfmedikasie die beste rockalbum gewen.

Ramaphosa was later die aand weer op die verhoog saam met Nathi Mthethwa, die minister van kuns en kultuur, om drie pryse vir lewenslange bydrae asook ’n prys vir internasionale bydrae te oorhandig.

Spokes H, Steve Kekana en dr. Mbongeni Ngema het pryse vir lewenslange bydrae ontvang.

Spokes H, wat in 2013 oorlede is, is postuum vereer. Hy het in die 90’s vir treffers soos “Tamatisous” bekend geword.

Kekana het as kind sy sig verloor en aan ’n skool vir blindes in Polokwane onderrig ontvang.

Hy het in 1979 en 1980 die SABC se Black Music-prys ontvang. Sy lied “Raising my Family” was ’n groot treffer in Europa.

Ngema is veral bekend vir sy treffermusiekspel Sarafina! wat die eerste keer in die 80’s opgevoer is. Dit was twee jaar lank in Broadway opgevoer.

Mafikizolo

Shashika Mooruth het die prys vir internasionale prestasie ontvang.

Musiek en talent is met talle gaskunstenaars soos die Soweto Gospel Choir, Heuwels Fantasties en Prime Circle gevier.

Die drie aanbieders, Somizi Mhlongo, televisie- en radiopersoonlikheid, Dineo Ranaka, radiopersoonlikheid, en die komediant Mpho Popps, was die aanbieders van die aand.

Die wenners is:

Beste volwasse hedendaagse album:

Symphonic Soweto deur Wouter Kellerman en die Soweto Gospel Choir

Beste volwasse hedendaagse Afrika-album:

Ilanga deur Siseko Pame

Beste alternatiewe musiek-album:

Mangaliso deur Bongeziwe Mabandla

Beste R&B/Soul/Reggae-album:

Relationships deur Afrotraction

Beste hedendaagse godsdiensalbum:

Heaven’s Ways deur Nqubeko Mbatha

Beste Afrikaanse popalbum:

Laat die dansvloer brand deur Kurt Darren

Beste jazz-album:

Ikhambi deur Nduduzo Makhathini

Beste klassieke en/of instrumentale album:

Baroqueswing Vol. III deur die Charl du Plessis Trio

Beste tradisionele musiekalbum:

Jessica Mbangeni Sings iGoli Live @ Lyric Theatre Johannesburg deur Jessica Mbangeni

Beste Afrika-kunstenaar-album:

The Simphiwe Dana Symphony Experience deur Simphiwe Dana

Beste regstreekse oudiovisuele opname/DVD:

Red Mic Xperience deur Donald, vervaardig deur Robin Kohl

Beste samewerking (collaboration):

“Akanamali” deur Sun-El Musician featuring Samthing Soweto

Beste musiekvideo van die jaar:

Arumtumtum deur Rouge – met Alex Fynn as regisseur

Beste vervaardigde album:

Late Night People deur Goldfish – vervaardig deur Dominic Peters en David Poole

Beste klankingenieur op album:

20 deur Mafikizolo – Howard Gomba en Themba Sekowe is die ingenieurs

Vermenging van die jaar:

“I Got You” deur Encore – deur Mobi Dixon

DVD met die beste verkope:

Joyous Celebration Volume 21 Heal our Land

Album met die beste verkope:

Joyous Celebration Volume 21 Heal our Land

CAPASSO- beste digitale aflaai-komponis:

Timothy Bambela Myeni

Beste Afrikaanse hedendaagse musiekalbum:

Jo Black met Skepe

Beste Afrika-volwasse hedendaagse album:

Siseko met Pame Ilanga

Beste hip-hop-album:

Shane met Eagle Yellow

Beste inheemse Afrika-album:

Vuma Zion met Samson Aphi Amandla

Beste kwaito-album:

Busiswa met Highly Flavored

Beste Maskandi-album:

Abafana BakaMgqumeni met 6 to 6

Beste popalbum:

Tresor met The Beautiful Madness

Beste rock-album:

Fokofpolisiekar met Selfmedikasie

Beste tradisionele musiek:

Jessica Mbangeni met Jessica Mbangeni Sings Igoli Live @Lyric Theatre Johannesburg

Beste volwasse hedendaagse album:

Wouter Kellerman met Symphonic Soweto

Beste dansalbum:

Lady Zamar met King Zamar

Beste Afro-popalbum:

Mafikizolo met 20

Samro se meeste speeltyd op lug komponis-prys (Samro highest airplay award composer’s award):

Sun-El feat. Samthing Soweto met Akanamali

Beste tradisionele godsdiensalbum:

Andile Kamajola deur Andile Kamajola

Beste Afrika-inheemse gospel-ablum:

Samson Aphi Amandla Akho deur Vuma Zion

Nuweling van die jaar:

Shekhinah met Rose Gold

Groep/duo van die jaar:

Mafikizolo

Vrouekunstenaar van die jaar:

Shekhina

Kunstenaar van die jaar:

Prince Kaybee

Album van die jaar:

Rose Gold deur Shekinah

Opname van die jaar:

Distruction Boyz feat. Benny Maverick en Dladla MshunQisi met “Omunye”

Meer oor:  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Shekhinah  |  Kurt Darren  |  Jo Black  |  Charl Du Plessis  |  Sun City  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.