Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
SA sanger in internasionale kompetisie in Cardiff

Een Suid-Afrikaner is onder die 16 sangers wat vanjaar aan die geprese BBC Cardiff Singer of the World-kompetisie in die Walliese hoofstad gaan deelneem.

Die sopraan Masabane Cecilia Rangwanasha, wat sedert 2019 ’n lid van Jette Parker se program vir jong kunstenaars in Londen is, sing volgens die Kaapstadse sangdosent Hanna van Schalkwyk tans skitterend en behoort ’n goeie kans te staan om die eindronde te haal.

Sangers van 15 lande neem vanjaar deel. Madagaskar en die Republiek van Kosovo word vir die eerste keer verteenwoordig.

Die kompetisie het op 12 Junie begin en duur tot 19 Junie wanneer die top-vyf-sangers dit om die hoofprys van £20 000 (sowat R390 000) en die titel BBC Cardiff Singer of the World sal uitspook.

Op 17 Junie word die eindronde vir die liedprys met wengeld van £10 000 aangebied. Die Dame Joan Sutherland-gehoorprys van £2 500 en ’n kristaltrofee sal ook op die laaste aand oorhandig word.

Volgens die kompetisiereëls kan die wenner van die liedprys ook die hoofprys ontvang.

Die beoordelaars is Aidan Lang, direkteur van die Walliese Nasionale Opera, die Walliese basbariton Neal Davies en die Amerikaanse sopraan Roberta Alexander.

Rangwanasha het in Limpopo grootgeword en ’n BTech-graad in uitvoerende sang aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) in Pretoria verwerf. Sy het daarna ’n nagraadse diploma onder leiding van Virginia Davids aan die Universiteit van Kaapstad se Musiekkollege verwerf.

In 2019 het sy twee spesiale pryse en die gehoorprys in die geprese Hans Gabor Belvedere-operasangkompetisie gewen en in 2017 die eerste prys in die ATKV-sangkompetisie verower.

Rangwanasha sluit haar in September aan by die ensemble van die Bern-Staatsopera in Switserland, waar sy vir twee jaar aangestel is.

– Saamgestel deur Elretha Britz uit die BBC Cardiff-kompetisiewebwerf, Facebook en Netwerk24.

Meer oor:  Universiteit Van Kaapstad  |  Tut  |  Atkv  |  Unisa  |  Musiek  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.