Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
SA sopraan vir wêreldprys benoem

Die Suid-Afrikaanse sopraan Elza van den Heever is ’n benoemde vir vanjaar se Internasionale Operapryse.

Elza van den Heever Foto: Jiyang Chen

Van den Heever, wat Suid-Afrika se naam reeds jare lank op operaverhoë oor die wêreld heen hoog hou, ding in haar kategorie mee met die Italiaanse sopraan Maria Agresta, die Noorweegse sopraan Lise Davidsen en die Amerikaanse soprane Christine Goerke, Kate Lindsey en Lisette Oropesa.

“Ek is so opgewonde om te kan sê dat ek vanjaar vir ’n Internasionale Operaprys benoem is,” het Van den Heever op haar Facebookblad geskryf.

“Daar is so baie ongelooflike kunstenaars op die lys en dit is ’n eer om een van hulle te wees.”

Die pryse word vanjaar op 4 Mei in die Sadler’s Wells-teater in Londen uitgedeel.

Van den Heever sal haar by ’n uitgelese groep Suid-Afrikaners aansluit sou sy wen. Die Kaapstad-operakoor het in 2013 die prys vir die beste koor gewen, terwyl die sopraan Pretty Yende in 2017 (beste opname – solovertoning) én 2018 (lesersprys) ’n wenner was.

Van den Heever berei haar tans voor vir die rol as die keiserin in Richard Strauss se opera Die Frau ohne Schatten, wat tussen 17 Februarie en 20 Mei in Parys, Dortmund in Duitsland, Rotterdam en Amsterdam op die planke gaan wees.

Sy gaan ook vanjaar in München, New York, Zürich, San Francisco en Washington optree. – Bykomende bronne: www.elzavandenheever.com, www.operaawards.org

Meer oor:  Musiek  |  Opera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.