Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sam Smith het aanhangers in vervoering met konsert

“Ek voel so ongelooflik bevoorreg om uiteindelik hier in jul pragtige land te kan sing,” was van die eerste woorde wat die Britse sanger Sam Smith (26) die afgelope naweek vir konsertgangers in die Ticketpro Dome in Northgate, Johannesburg, gesê het. “Ek sien regtig uit dat julle vanaand my musiek saam met my kan geniet.” Hy toer op die oomblik in Suid-Afrika met sy wêreldwye Thrill of it All-toer.

Sam Smith netjies geklee in sy ligte pak tydens die eerste deel van sy konsert by die Ticketpro Dome in Northgate. Foto: Big Concerts

Die Dome het behoorlik uit sy nate gebars en Smith se aanhangers was nie teleurgesteld nie. Hy het al sy treffers gesing, van “Dancing With a Stranger”, “Stay With Me”, “Like I Can”, “Pray” en “I’m Not the Only One”. Sy jongste treffer, “Dancing with a Stranger, saam met Normani van die popgroep Fifth Harmony, het die toptien-trefferlyste in lande soos Engeland, Australië en selfs in Suid-Afrika gehaal.

Smith het bekendheid in 2012 verwerf met sy debuut-liedjie “Latch”, en sy eerste enkelsnit “Lay Me Down” het kort daarna gevolg. Liedjies soos “La La La” was wêreldwye treffers. Hy was vinnig die topverkoper in Engeland in 2013.

Sam het vroeg in sy loopbaan erken hy is gay en selfs op die verhoog het hy laggend gesê hy het nou ’n “baie gay move” gedoen. Hy het die konsert begin in ’n ligte pak en daarna ’n deurskynende swart kanthemp aangehad. Hy was voorheen baie eerlik oor sy stryd met sy gewig, angstigheid en selfaanvaarding. Hy het onlangs onthul hy het op 12 vetafsuiging gehad. Die konsert is afgesluit met ’n blink swart en goue baadjie wat ’n mens so ’n bietjie aan Elton John laat dink het.

Smith is op 16 en 17 April in die Grand Arena, GrandWest, in die Kaap te sien.

Meer oor:  Sam Smith  |  Northgate  |  Ticketpro Dome  |  Vermaak  |  Konsert  |  Thrill Of It All-Toer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.