Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sam Smith se Kaapse vertonings gekanselleer

Die laaste twee vertonings van die Britse sanger Sam Smith se The Thrill of it All-toer in Kaapstad is gekanselleer.

So het Big Concerts Woensdag in ’n mediaverklaring aangekondig.

Die res van die Britse popsanger Sam Smith se vertonings in Kaapstad is gekanselleer nadat sy stem Dinsdagaand ingegee het. Foto: Jaco Marais

Die vertonings wat op Woensdag 17 April en Donderdag 18 April in die Grand Arena by die GrandWest Casino in Kaapstad sou plaasvind, is gekanselleer nadat Smith se stem Dinsdagaand tydens sy eerste vertoning ingegee het.

Dié vertoning is na sowat 45 minute kortgeknip.

“Big Concerts is spyt om te aan te kondig dat die oorblywende twee vertonings van Sam Smith gekanselleer is,” lui die verklaring. Dit was glo op advies van mediese spesialiste, sowel as lede van sy toerspan.

“Sam is uiters ontsteld dat hy nie vir sy aanhangers in Kaapstad kan optree nie, maar hy moet in hierdie stadium rus.”

“Big Concerts wens Sam ’n spoedige herstel toe en verwelkom hom in die toekoms terug in Kaapstad.”

Mense wat op Computicket kaartjies vir die oorblywende vertonings gekoop het, sal op hul kredietkaarte terugbetalings ontvang. 

Diegene wat dit in winkels gekoop het, moet na die naaste Computicket-, Shoprite- of Checkers-tak gaan om ten volle terugbetaal te word.

Die afsnydatum vir alle terugbetalings is Vrydag 31 Mei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.