SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Musiek
Sama-prys is middel tot ’n doel, sê Charl du Plessis

Die Charl du Plessis-trio het die tweede jaar agtereenvolgens die Sama-prys vir beste klassieke/instrumentale album ontvang.

“Dit is juis hoekom ons dit nie verwag het nie,” sê Du Plessis, “want verlede jaar het ons vir Baroqueswing Vol. II gewen. Ons het dus nie gedink Vol. III sou ook wen nie.”

Die Charl du Plessis-trio: Werner Spies, Charl du Plessis en Hugo Radyn.

Dit was Vrydag op die 24ste Sama-pryse se eerste van twee toekenningsaande in Sun City wat nie uitgesaai is nie. Saterdag se geleentheid is regstreeks op SABC1 uitgesaai.

Du Plessis kon nie die geleentheid bywoon nie omdat hy in ’n Nataniël-konsert in Welkom opgetree het.

“Toe ek ná die tyd in my motor klim, het ek op Twitter gesien dis nou so. Die erkenning wat met so ’n prys gepaardgaan, is nie noodwendig ek of ons wat goed is nie. Dit dui aan dat die produk van so ’n gehalte is dat mense daarvan hou en dit geniet. Die prys is ’n middel tot ’n doel.”

“Ek het glad nie gedink ons sal twee keer in ’n ry wen nie. Die Sama-pryse is regtig verteenwoordigend van so ’n groot verskeidenheid musikante. Daarom is dit so ’n eer om dié prys te ontvang.”

Du Plessis vertrek vandeesweek na Hermanus vir die FynArts-fees.

Daarna gaan die trio in Switserland aan ’n paar projekte werk.

Selfmedikasie deur Fokofpolisiekar.

Op Saterdag se geleentheid het Fokofpolisiekar met Selfmedikasie die prys vir beste rockalbum voor Shortsraw (Those Meddling Kids (TMK)), Prime Circle (If You Don’t You Never Will), Lost & Found (Snakes & Ladders) en Willim Welsyn (Blitzkriek) opgeraap.

Selfmedikasie is dié Bellville-bende wat dié voorstad as Rock City bekend gemaak het, se eerste vollengte-album in 11 jaar. Die vorige album, Swanesang, is in 2006 uitgereik.

Wynand Myburgh en Francois van Coke het die prys in ontvangs geneem.

Die manne was in ’n goeie luim en Van Coke se eerste woord was ’n luidkeelse “Fokof!”, wat hy wou hê die gehoor moes beantwoord.

Myburgh sê toe “Ek skree ‘fokof’ en julle skree polisiekar.”

Wouter Kellerman op die 24ste Sama-prysuitdeling.

“Dis die gees,” het hy op die gehoor se reaksie hierop gesê.

Die Afrikaanse musikant Wouter Kellerman en die Soweto Gospel Choir het met Symphonic Soweto die prys vir beste volwasse hedendaagse album ontvang.

In die Afrikaanse kategorieë het Jo Black met Skepe die prys vir beste Afrikaanse hedendaagse album ontvang. Hy het in April ook sewe Ghoema-musiekpryse ontvang.

Kurt Darren het vir Laat die dansvloer brand met die prys vir beste Afrikaanse popablum weggestap.

Kurt Darren op die 24ste Sama-prysuitdeling.
Meer oor:  Charl Du Plessis  |  Fokofpolisiekar  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.