Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Samro soek eienaars van R30 miljoen

Die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (Samro) wil tantième van R30 miljoen aan 6 577 musici uitbetaal – maar sit met die hande in die hare.

Luidens ’n mediaverklaring is daar ’n probleem met dié musici, almal sy lede, se bankbesonderhede; die organisasie kan glo daarom nie die R30 miljoen uitbetaal nie.

“Samro is in besit van die geld, maar ons kan dit nie in dié stadium oorbetaal nie, bloot omdat die bankbesonderhede wat die betrokke lede verskaf het, oud of op een of ander manier foutief is,” sê Mark Rosin, Samro se hoof, in die verklaring.

“Wanneer ons die betalings maak, bons dit terug. Toekomstige betalings gaan gestaak word tot die lede se besonderhede korrek en opgedateer is.”

Hoewel die betrokke musici glo direk gekontak is met ’n versoek om hul bankbesonderhede na te gaan, sê Rosin Samro maak die versoek ook in die openbaar omdat dit deel van sy poging is om ’n “deursigtige organisasie” te wees.

“Samro se doelwit is om ons lede se regte te beskerm en te verseker dat hulle regverdig vir hul werk betaal word,” sê Rosin.

“Ons is hier om te verseker dat kunstenaars ’n goeie bestaan kan maak en dat hulle die tantième kry waartoe hulle geregtig is.”

Die R30 miljoen sal nie gelykop tussen die 6 577 musikante verdeel word nie; uitbetalings hang af van hoe presies en hoeveel keer elke musikant se werk gebruik is. Die uitbetalings wissel van R100 tot R250 000.

Samro het ’n volledige lys van al die begunstigdes hier gepubliseer.

Meer oor:  Musiek  |  Samro
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.