Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sanger Ivan Roux praat oor ‘daardie foto’

Die sanger Ivan Roux (29), naaswenner van Die Kontrak op VIA, is nie in ’n verhouding met die vrou saam met wie hy op ’n foto verskyn nie, sê hy.

Ester-Marie Giliomee (20) het vyf dae gelede ’n foto op Instagram gedeel waarin dit voorkom asof sy en Ivan in ’n romantiese verhouding is.

Dié foto van Ivan Roux en Ester-Marie Giliomee op Instagram het die publiek aan die gons. Foto: Instagram/Ester-Marie Giliomee

Op die foto vat sy liefdevol aan sy wang, terwyl sy knus teen hom sit.

Ivan het op die foto gereageer met vier hartjie-emoji’s.

Dié foto en Ivan se reaksie het mense laat wonder of hy weer liefde gevind het nadat sy huwelik op die rotse beland het.

Ivan het egter Dinsdag by navraag gesê hy en Ester-Marie, ’n grimeerkunstenaar, is in dié stadium net goeie vriende en geniet mekaar se geselskap.

Ester-Marie GiliomeeFoto: Instagram/Ester-Marie Giliomee

Die Pretoriase sanger het Ester-Marie onlangs by een van sy vertonings in haar tuisdorp, Mosselbaai, ontmoet.

“Daar is niks romanties tussen ons nie. Dit is baie te vroeg om enigiets van daardie aard te sê,” sê Ivan.

“Ek het nog hopeloos te veel goed wat ek moet uitsorteer en selfondersoek doen, maar ek is binnekort weer op dreef.”

Hy sê wel hulle “toets dinge uit” en “as dit gebeur dan gebeur dit”.

“Ons weet egter waar ons met mekaar staan.”

Ivan is sedert Oktober 2018 van sy vrou, Marida, vervreem.

“Dit kom al ’n lang pad en ons het dit probeer maak werk. Ons het twee pragtige kinders uit die huwelik en maak ’n goeie span ter wille van hulle,” sê Ivan.

Die egskeiding is nog nie finaal afgehandel nie.

Ivan woon in Garsfontein, Pretoria, en sien gereeld sy seun, Damian (2), en dogter, Skylar (1), wat in Centurion by hul ma woon.

Hulle verskyn in sy nuwe musiekvideo, “Dis liefde”.

Meer oor:  Instagram  |  Ivan Roux  |  Celebs  |  Sosiale Media  |  Foto
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.