Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sanger van ‘Lean On Me’ dood

Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Bill Withers, bekend om treffers soos “Lean On Me” en “Ain’t No Sunshine”, is dood.

Bill Withers

Withers (81) is Maandag in Los Angeles weens hartkomplikasies dood, het sy familie Vrydag in ’n verklaring aan Associated Press bevestig.

Die nuus van sy dood het bekend geword nadat die publiek inspirasie uit sy musiek midde die Covid-19-pandemie geput het.

Gesondheidswerkers, kore, kunstenaars en ander beroepslui het hul eie weergawes van “Lean On Me” op sosiale media en op ander platforms gedeel.

“Lean On Me”, ’n ode aan vriendskap, is ook die temalied van die gelyknamige fliek met Morgan Freeman in die hoofrol.

Die lied is tydens oudpres. Barack Obama sowel as oudpres. Bill Clinton se inhuldiging uitgevoer.

“Lean On Me” en “Ain’t No Sunshine” pryk op Rolling Stone se lys van 500 Greatest Songs of All Time.

Hy het drie Grammy-pryse gewen en hom in die 1980’s aan die musiektoneel onttrek.

Withers word oorleef deur sy vrou, Marcia Johnson, en twee kinders, Todd en Kori.

Bill Withers het drie Grammy-musiekpryse in sy loopbaan gewen.
Meer oor:  Musiek  |  Liedjieskrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.