Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sangeres Candy Benson steeds in hospitaal met Covid
Candy Benson

“Ek bid net dat my kind huis toe kom.”

So sê Cindy Benson, ma van die sangeres Candy Benson (30), wat op Saterdag 10 Julie weens Covid-19 in die hoësorgeenheid van die Netcare Olivedale-hospitaal in Johannesburg opgeneem is.

“Sy is meer as een keer negatief getoets, maar toe kry sy dit skielik,” sê Benson.

“Sy het longontsteking opgedoen en bloedklonte in haar longe gehad, maar daar word elke dag X-strale geneem. Hoewel hulle sê haar longe lyk beter, was hul woorde: ‘She’s not out of the woods yet.’ ”

Candy woon in Krugersdorp.

Haar suurstofvlakke het verlede Saterdag gedaal en sy is per ambulans na die hospitaal geneem.

Intussen het haar suurstofvlak begin verbeter.

“Ek kan darem ’n bietjie met haar kommunikeer, maar dit wissel van dag tot dag. Soms is dit net een sin.”

Die musiekvideo van Candy se jongste enkelsnit, “7 dae in die somer”, wat vroeër vanjaar uitgereik is, het Vrydag die lig gesien.

“Sy was so opgewonde daaroor. Haar verloofde (Dylan Emslie, ’n kitaarspeler) het haar in die musiekvideo gevra om te trou.”

Dit is haar 16de enkelsnit en handel oor ’n vakansieromanse. Candy en Emslie het dit saam geskryf.

Candy, ’n opgeleide wildbewaarder, se debuutalbum, Niks kan my keer nie, is in 2014 uitgereik en vir ’n Ghoema-musiekprys vir nuweling van die jaar benoem.

Haar tweede album, Onweerstaanbaar (2017), het ’n Ghoema-benoeming vir beste kontemporêre album gekry.

Sy is bekend vir haar liedjies soos “Onweerstaanbaar”, “Sonder jou” en “Dit wat ons harte deel”.

Sy het jonk met musiek begin en het Suid-Afrika twee keer, op nege- en later 12-jarige ouderdom, in die Wêreldkampioenskap van die uitvoerende kunste in Los Angeles verteenwoordig.

Sy is as junior wêreldkampioen in die rock-kategorie aangewys.

Meer oor:  Krugersdorp  |  Johannesburg  |  Musiek  |  Covid-19  |  Sangers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.