Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sangers laat die voete jeuk by Grammys

Die 61ste Grammy-toekenningsgeleentheid het die reputasie van die musiekoptredes gestand gedoen.

Katy Perry, Dolly Parton en Kacey Musgrave Foto: Kevin Winter/ Getty Images

Dolly Parton (73) het met haar verskyning op die verhoog die gehoor aan haar voete gehad.

Miley Cyrus, Katy Perry, Kacey Musgraves, Maren Morris en Little Big Town het by Parton aangesluit.

Parton is Cyrus se peetma en hulle het saam die immergewilde treffer “Jolene” gesing. Hulle het dit voorheen ook op die musiekwerklikheidsreeks The Voice gesing.

Met die sing van “9 to 5”, wat Parton vir die gelyknamige rolprent as temalied geskryf het, was die gehoor op hul voete en het heerlik saam gesing.

Alicia Keys Foto: Getty Images

Alicia Keys, ook die seremoniemeester wat al 15 keer ’n Grammy-prys gewen het, het twee klaviere bespeel met “Club Keys” soos sy dit noem. Sy het die twee klavier by tye gelyktydig bespeel.

Sy het groot treffers gesing terwyl sy haarself begelei het. Dit het gewissel van “Doo Wop (That Thing)” van Lauryn Hill tot Roberta Flack se “Killing Me Softly With His Song” en Kings of Leon se “Use Somebody”.

“Dit leef binne my. En jy is net so lief daarvoor, dat jy wens dat jy dit self geskryf het. Dit is hoe ek oor hierdie liedjies voel. Ek wens ek het hulle geskryf,” het Keys gesê.

Jennifer Lopez lewer haar Motown-huldeblyk. Foto: Getty Images

Jennifer Lopez het ’n huldeblyk gelewer vir die Motown-platemaatskappy met treffers soos “Please Mr. Postman” en “Square Biz”. Smokey Robinson en Ne Yo het saam met haar opgetree.

Op Twitter het baie mense gal gebraak oor Lopez as die keuse vir dié huldeblyk-vertoning.

Lady Gaga het opgetree met die lied “Shallow” uit die rolprent A Star is Born wat as lied van die jaar aangewys is.

Yolanda Adams, Fantasia en Andra Day het die ontslape sangeres se "(You Make Me Feel Like) A Natural Woman" tydens die in memorium-afdeling ter nagedagtenis gesing. Franklin (76) is op 16 Augustus dood.

Meer oor:  Dolly Parton  |  Jennifer Lopez  |  Alicia Keys  |  Musiek  |  Grammys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.