Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Sangers repeteer met WhatsApp’

’n Skouspel van klank, kleur, kostuums, sang, en Kersmusiek. Dit is wat die gehoor kan verwag by Kersfees Skouspel, wat Sondag 16 Desember plaasvind.

Jaconell Mouton

Jaconell Mouton, musikale regisseur, sê dit is elke jaar vir haar opwindend om deel van die produksie te wees.

“Elke jaar het ons nuwe kunstenaars wat ’n nuwe dinamika na die produksie toe bring. Kunstenaars sing duette saam, daar is lekker groepliedjies.

Sy sê dat dit ’n logistieke uitdaging is om ’n produksie op die skaal van Kersfees Skouspel op die planke te bring, maar dat tegnologie dit vir haar aansienlik makliker maak.

“Daar is dikwels nie tyd om lank voor die tyd liedjies met kunstenaars te repeteer nie. Baie van hulle toer en is op die pad. Ek stuur vir hulle gidsnitte, sommer op WhatsApp, wat hulle kan luister terwyl hulle bestuur.”

Sy meen dat verskillende konsertgangers verskillende ervarings van die konsert gaan hê, maar dat dit talle asemrowende oomblikke gaan inhou.

“As iemand ’n kaartjie vir die vertoning koop, neem ek aan hulle hou van Kersliedjies en -liedere hou.

En al dink hulle Kersliedjies is ’n foefie, koop hulle dit miskien omdat dit hulle terugvat na jou kinderdae, of om in ’n vakansieluim te kom. Ek besef ook mense wil goue oues en bekende treffers hoor, maar ons wil ook nou nie ’n Boney M-huldeblyk aanbied nie.

“Die kuns is om uit te vind watter liedjies vind aanklank by spesifieke kunstenaars se smake en stemme, en miskien vir dit ’n nuwe baadjie aan te trek, mense anders na ’n liedjie te laat kyk.

“Wanneer mense na die produksie kyk, wil ek hê hulle moet ’n gevoel van ontsag beleef, hulle moet sê, ‘Wow’.

Die kuns is om uit te vind watter liedjies vind aanklank by spesifieke kunstenaars se smake en stemme, en miskien vir dit ’n nuwe baadjie aan te trek, mense anders na ’n liedjie te laat kyk.

Iemand moet ’n traan wegpink of hulle moet oorweldig wees deur die kunstenaars en musikante se tegniese vernuf.

Ek wil nie te veel uitlap nie, maar toeskouers is in vir ’n hele paar verrassings!”

En as jy gewonder het, die Kersfees Skouspel-span het reeds laat weet dat Sir Cliff Richard se “Mis­tletoe and wine” beslis in die program wees. Hoe dan nou anders vir ’n Kerskonsert?

Kersfees Skouspel vind op 16 Desember 2018 om 15:00 plaas by die Sun Arena van Time Square @ Menlyn on Maine. Besprekings kan gedoen word by Computicket by 0861 915 8000 of aanlyn by: https://online.computicket.com.

Groepbesprekings van meer as 10 kry afslag – skakel Monica by (011) 815 3000 of e-pos aan admin@lefra.com. Lees meer by www.kersfeesskouspel.co.za.

Meer oor:  Kersfees Skouspel  |  Jaconell Mouton  |  Sangers  |  Whatsapp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.