Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sasha-Lee nooi Richard, Heinz in haar kollig

Aanhangers van die voormalige Idols SA-medewenner, Sasha-Lee Davids kan uitsien na ’n baie intieme konsert van haar wanneer sy Sondag die aanbieder en gaskunstenaar op die gewilde musiekprogram In die Kollig op SABC2 is.

Sasha-Lee Davids gaan Sondag kykers meevoer in haar uur lange konsert in In die kollig wat op SABC2 uitgesaai word.
Sasha-Lee Davids en Heinz Winkler sing die liedjie “Amazing Grace” saam.

Davids, ’n gebore en getoë Kapenaar, het ’n huishoudelike naam geword toe sy in 2009 medewenner van die gewilde talentsoekkompetisie Idols SA was. Sedertdien het sy al verskeie albums opgeneem en saam met etlike groot name in die bedryf gewerk.

“Vanjaar is beslis ’n jaar van eerstes vir my,” sê die 28-jarige sangeres wat steeds in Kaapstad bly.

“Dis die eerste keer dat ek ’n uur lange konsert op televisie kry en boonop die eerste keer dat ek die geleentheid kry om saam met Heinz Winckler en Richard van der Westhuizen te sing,” sê Davids.

In Sondag se episode is Heinz Winckler haar gaskunstenaar en Davids vertel dat sy en Heinz baie in gemeen het.

“Ons albei is Idols-wenners en Christene. Dis waarom ek en Heinz die liedjie ‘Amazing Grace’ gekies het om te sing,” sê sy.

Sy was haar lewe lank ’n aanhanger van Richard van der Westhuizen en die liedjie “Tussen treine” is vir haar een van die mooiste Afrikaanse liedjies wat nog geskryf is, sê Davids. Dís waarom sy en Van der Westhuizen dit saamsing en groot emosie word ontroer tydens die opvoering.

Sedert haar debuutalbum, Sasha-Lee, het Davids vir haar ’n nis in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf uitgekerf. Sy het al saam met Jamie Jones, hoofsanger van die Grammy-bekroonde groep All-4-One gewerk aan ’n snit getiteld “Before You” en sy is juis nou weer op pad na Amerika om nog ’n lied saam met hulle op te neem.

Richard van der Westhuizen was nog altyd een van haar ikone, en nou kry sy vir die eerste keer die geleentheid om saam met hom te sing.

Nóg ’n eerste vir Davids is die feit dat sy binnekort op Pasella as ’n nuwe veldaanbieder verskyn.

“Dis iets totaal buite my verwysingsraamwerk, maar ek geniet hierdie nuwe seisoen in my lewe ontsettend baie,” sê sy.

* In die kollig word Sondag om 17:00 op SABC2 uitgesaai.

Meer oor:  In Die Kollig  |  Sabc2  |  Idols Sa  |  Sasha-Lee Davids
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.