Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Simon and Garfunkel in Pretoria
Pieter Smit en Ben van Zyl sing die musiek van Simon and Garfunkel Woensdag in die Atterburyteater.

Woensdag sing Marcato, ’n jong duo wat bestaan uit Ben van Zyl en Pieter Smit, die musiek van Simon and Garfunkel in die Atterburyteater in Pretoria.

In A Tribute to Simon and Garfunkel sing die twee bekende treffers soos “The 59th Street Bridge Song”, “Mrs Robinson” en “America”.

Simon and Garfunkel het met treffers soos “Bridge Over Troubled Water”, “The Sound of Silence” en “The Boxer” lank die nommer-een-posisie op treffersparades gehaal.

Hulle was bekend om hul profetiese lirieke oor die stadslewe en hul sagte en melodieuse harmonieë.

Die produksie gee nuwe lewe aan bekende musiek, en vertel ook die storie agter die legende van Simon and Garfunkel.

Van Zyl en Smit word ondersteun deur ’n groep gevestigde musikante van Storm Produktionz.

Mel Botes en Richard H. Nosworthy is die bekroonde vervaardigers en regisseurs van die produksie.

Die konsert begin om 20:00 en duur ongeveer anderhalfuur. Kaartjies kos R140 tot R180.

Bespreek by Computicket.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.