Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Simply Red praat met Netwerk24 oor nuwe album

Die Britse musiekgroep Simply Red spog met ’n splinternuwe album danksy ’n terloopse opmerking wat ’n vriend teenoor die hoofsanger, Mick Hucknall, gemaak het.

Mick Hucknall
Mick Hucknall, hoofsanger van Simply Red. Foto: Dean Chalkley

“Ek het ’n jaar gelede ’n gesprek met ’n Ierse musikantvriend van my gehad en hy het genoem dat ek ’n goeie soulsanger is,” sê Hucknall in sy onderhoud met Netwerk24.

“Ek was nog altyd ’n nuuskierige mens en ek wou dit ’n bietjie verken. Soms kan klein goedjies ’n verskil maak.”

Blue Eyed Soul word vandeesmaand uitgereik terwyl Hucknall glad nie ’n album beplan het nie.

“Ek is eintlik baie gelukkig by die huis. Ek maak musiek omdat ek lief is daarvoor,” sê Hucknall (59), die enigste oorspronklike lid van die groep wat in 1985 in Manchester in Engeland begin het.

Die saxofoonspeler Ian Kirkham is wel sedert 1986 ’n lid van Simply Red.

Hy het tien nuwe liedjies geskryf wat op Blue Eyed Soul verskyn.

Simply Red
'Blue Eyed Soul', Simply Red se jongste album.

Die musiek toon invloed van groot soul- en funk-name soos James Brown, Isaac Hayes en Curtis Mayfield.

Hy het die liedjies in twee maande geskryf en die album by British Grove Studios in Londen opgeneem.

“Thinking of You” is eerste geskryf en as enkelsnit uitgereik.

“Die album het ’n bietjie van ’n nuwe fokus, maar ek wou iets doen wat vir die luisteraars prettig sou wees – nie net stadige ballades nie, maar iets wat jou laat litte losmaak.

“Nou moet ’n mens die snitte daarbuite kry om mense by die album uit te kry, want as mense dalk van een of twee van die liedjies hou, sal hulle dalk van die album in geheel hou.”

Dit is die groep se eerste album sedert 2015. Die groep het in 2010 ontbind, maar het later weer begin musiek maak.

Mick Hucknall
Simply Red Foto: Dean Chalkley

Hulle is bekend om treffers soos “Fairground”, “If You Don’t Know Me by Now” en “Holding Back the Years”.

“Ek het as die enigste liedjieskrywer in die groep na vore getree,” sê Hucknall.

“Ek dink dit kon die groep verryk het as daar meer as een liedjieskrywer was. Om liedjies te skryf is nie maklik nie, my vriend. Produktiewe liedjieskrywers is eintlik skaars.”

Toere in Brittanje en Europa is vir volgende jaar bevestig.

“Die res van die tyd is up for grabs,” sê Hucknall. “Ek het my vorige toer in Suid-Afrika baie geniet.”

Meer oor:  Mick Hucknall  |  Musiek  |  Simply Red  |  Blue Eyed Song  |  Album
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.