Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sing só aanlyn ’n platekontrak los

Opkomende sangers wat al jare lank droom van ’n musiekloopbaan, maar die droom nog nie kon verwesenlik nie, het nou die kans om sterstatus uit die gemak van hul huis te bereik.

Platekontrakte by die David Gresham-platemaatskappy (DGR) is weer op die spel as deel van die maatskappy se Sing for Us-veldtog, wat verlede jaar begin is.

Netwerk24 het vroeër berig dié talentsoek-veldtog is tydens die staat van inperking begin om nuwe talent te ontgin en goue stemme met ’n gesogte platekontrak te beloon.

Matthew John Duncan (26), ’n siviele ingenieur van Kaapstad, was verlede jaar die eerste sanger wat danksy die veldtog ’n stappie nader aan sy musiekdroom gekom het.

“Dit was ’n groot eer om die eerste platekontrak deur die Sing for Us-veldtog los te slaan,” sê hy aan Netwerk24.

“Die DGR-span is innoverend en ek sien uit om te sien watter talent hulle gaan ontgin met seisoen 2!”

Duncan is kort daarna deur Marco Basson (27) van Alberton opgevolg. Basson is ook ’n ingenieur.

“Sing for Us is ’n awesome inisiatief,” sê hy.

“Dit het my die geleentheid gegee om saam met ongelooflike mense aan my musiekloopbaan te werk. As jy vir my ’n jaar gelede gesê het dat ek my liedjie op radio sou hê, sou ek dit nie geglo het nie! Dit is wat Sing for Us vir my gedoen het.”

Sangers wat wil deelneem, moet bloot ’n video opneem van hulself waar hulle hul gunstelingliedjie sing. Dié video moet dan óf per e-pos na carla@gresham.co.za en lisele@gresham.co.za gestuur word óf per WhatsApp na +27 65 556 6315.

Almal wat inskryf, sal terugvoer van die DGR-span ontvang – en dié wat al die regte note sal sing, sal uiteindelik met ’n platekontrak beloon word.

Volgens Carla van den Berg, DGR se bemarkingsbestuurder, is daar in dié stadium geen sperdatum nie, so sangers kan hul stembande rustig opwarm om in die video hul beste voet voor te sit.

Meer inligting kan by die kontakbesonderhede hierbo verkry word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.