Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Sitstaker-sangeres met menseregte-prys vereer

Die operasangeres Sibongile Mngoma is Woensdag by die eerste Artfluence-menseregtefees met hul eerste menseregteprys vereer.

Sibongile Mngoma op dag 37 van die sitstaking in die kantore van die Nasionale Kunsteraad (NAC) in Johannesburg. Foto: Gallo Images / Deon Raath

Die fees, wat deur die sentrum vir skeppende kunste (CCA) aan die Universiteit van KwaZulu-Natal en die Nederlandse ambassade in Suid-Afrika aangebied word, vind vanjaar tot 8 Mei aanlyn plaas.

Luidens ’n mediaverklaring het Mngoma die eerbewys ontvang vir haar onverskrokke aktivisme om kunstenaars in Suid-Afrika se regte te verdedig en daarvoor te veg.

“Sibongile Mngoma is ’n voorbeeld van die tipe leierskap wat nodig is om ’n nuwe generasie Suid-Afrikaanse kunstenaars aan te spoor om op te staan en vandag se stemme van hoop, moed en veerkragtigheid te wees – stemme wat ook op openbare aanspreeklikheid, goeie bestuur en deursigtigheid aandring,” sê Ismail Mahomed, hoof van die CCA, in die verklaring.

Mngoma het Donderdag aan Netwerk24 gesê die eerbewys is ’n groot eer.

“Ek is werklik dankbaar. Ek dra die eerbewys aan Abahlali (’n groep kunstenaars wat saam met haar gesitstaak het) op.”

Sibongile Mngoma is ’n voorbeeld van die tipe leierskap wat nodig is om ’n nuwe generasie Suid-Afrikaanse kunstenaars aan te spoor om op te staan en vandag se stemme van hoop, moed en veerkragtigheid te wees . . .
Ismail Mahomed

Die eerbewys is aan Mngoma toegeken net ’n paar dae nadat sy amptelik ’n sitstaking van 60 dae in die Nasionale Kunsteraad (NAC) se kantore in Newtown, Johannesburg, beëindig het.

Sy het die sitstaking op 3 Maart op haar eie begin en eindelik vir 58 dae saam met sowat 20 ander kunstenaars onder tafels in die kunsteraad se raadsaal oornag om teen hul wanbestuur van R300 miljoen se noodfinansiering te betoog.

Mngoma en die res van die sitstakers, wat hulself tydens die sitstaking Abahlali gedoop het, beplan om soortgelyke sitstakings by onder meer die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (Samro) en die Nasionale Rolprent-en-videostigting (NFVF) te hou omdat hulle na Abahlali se mening kunstenaars tydens die pandemie versaak het.

Mngoma en die res van Abahlali gaan egter eers op 17 Mei by die nasionale departement van sport, kuns en kultuur (DSAC) se kantore in Johannesburg om om vir Nathi Mthethwa, minister van dié departement, te gaan “kuier”.

“Ons minister moet hom vir ’n kuiertjie met Abahlali voorberei. Dit gaan van hom afhang of dit ’n dag of 60 dae lank gaan wees,” het Mngoma Vrydag in ’n toespraak gesê toe sy die einde van die sitstaking by die kunsteraad aankondig.

“Ons gaan Samro en die NFVF eers uitstel, maar moenie rus nie, Samro, julle volg ná die DSAC. Ons moet net nou eers ’n klein pow-wow met die minister gaan hê, want ons sit nie om dieselfde vuur nie.”

  • Besoek www.facebook.com/artfluencefest en www.youtube.com/centreforcreativearts vir meer inligting oor die Artfluence-menseregtefees.
Meer oor:  Nfvf  |  Nathi Mthethwa  |  Samro  |  Dsac  |  Ismail Mahomed  |  Pesp  |  Abahlali  |  Nasionale Kunsteraad  |  Nac  |  Sibongile Mngoma  |  Artfluence
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.