Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Skierlik’ is terug op die planke

Die bekroonde solostuk Skierlik, ’n terugblik op die voorval in 2008 toe Johan Nel (18) op mense in dié informele nedersetting in Noordwes geskiet het, is ná vier jaar weer op die planke.

Phillip Dikotla, ook die teksskrywer, voer dit van Donderdag tot Sondag in die Popart-teter in Maboneng, Johannesburg, op.

Phillip Dikotla in die solostuk Skierlik.

“Die gebeurtenis op 14 Januarie 2008 het lank in my agterkop gebly,” sê Diktola wat die rol vertolk van Thomas wat sy persoonlike ervaring deel met sy terugkeer na sy tuiste, Skierlik.

“Ek het met daardie voorval bewus geword van rassisme wat bestaan en ’n soort woede. Ek het nie apartheid ervaar nie. Ek en die seun is min of meer dieselfde ouderdom. Baie het ook met my as mens gebeur sedert ek die stuk die eerste keer opgevoer het.”

Thomas se vrou en kind is in die voorval dood.

Dit is ’n verhaal van verlies en hoop.

“Daar was al vooruitgang in Skierlik sedert 2008 met die bou van nuwe huise, maar wat beteken dit vir die man wat sy familie verloor het? Dit bly vir my ’n traumatiese storie. Dit laat jou anders na jouself en die wêreld kyk. Maar ek wil die hoop beklemtoon, want indien jy in ’n moeilike situasie beland, moet jy probeer hoop vind.

“Ek het deur ’n paar ander kwessies en frustrasies gegaan toe die voorval gebeur het. Ek was klaar met skool en was nie seker wat my toekoms inhou nie.”

Diktola bied as ’n buitestander ’n ander perspektief op die gebeure.

Die toneelstuk is met die Olive Schreiner-prys bekroon en Dikotla het ’n Fleur du Cap-teaterprys vir beste vertolking in ’n solostuk gekry.

“Die skep van die toneelstuk was ’n baie opwindende proses, so moeilik soos dit was. Ek het die teks ongeveer vier jaar ná die voorval geskryf. Dit was vir my ’n werk van geesdrif.”

* Vertonings is Donderdag tot Saterdag om 20:00 en Sondag om 15:15. Kaartjies kos R120 aanlyn en R140 by die deur. Besoek popartcentre.co.za om te bespreek.

Meer oor:  Johan Nel  |  Phillip Diktola  |  Skierlik  |  Solostuk  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.