Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Soprane voer botoon in sangkompetisie
Die semifinaliste in die Unisa Nasionale Sangkompetisie is, van links, Frances du Plessis, Leah Gunter, Palesa Malieloa, Nombuso Ndlandla, Caroline Nkwe en Cecilia Rangwanasha. Foto: Unisa

Die soprane in die klassieke kategorie van die Unisa Nasionale Sangkompetisie in Pretoria, het al die ander stemsoorte uitgestof deur al ses plekke in die halfeindronde te behaal.

Hulle is Frances du Plessis (23), Leah Gunter (26), Palesa Malieloa (25), Nombuso Ndlandla (24), Caroline Nkwe (30) en Cecilia Rangwanasha (23).

Uit hul optrede op 12 Julie om 11:00 in die ZK Matthews-Grootsaal sal drie finaliste gekies word.

Die gehoor is in die twee rondes tot nou deur ’n wye verskeidenheid gewilde, maar tegnies veeleisende arias uit die klassieke repertorium bederf.

Kaartjies vir die halfeindronde word by die deur verkoop en kos R70.

Die jazz-sangers wat die halfeindronde gehaal het, sal Woensdag bekend gemaak word.

Die kompetisie word moontlik gemaak deur ’n borgskap van die Nasionale Lotery-kommissie (NLK) en bykomende steun van Unisa.

Die eindronde vind op 15 Julie plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.